Fauna en flora in die Bybel (12)

image_pdfimage_print

Fauna en flora in die Bybel (12) – Jan van der Watt

Daar was ‘n ryk voëllewe in die Bybelse tyd; daarvan vertel die Bybel ook.

Aasvoël: Levitikus 11:14; Job 39:30-33; Jesaja 34:15.

Arend: Sekere soorte aasvoëls en arende is dikwels nie onderskei nie, bloot omdat hulle baie dieselfde gelyk het as hulle vlieg. In Jesaja en ook in van die psalms lees ons van die krag van die arend. Die arend was gerespekteer; dit was deel van die skild van die Romeine. Deur die geskiedenis is die Johannesevangelie ook met ‘n arend verbind omdat daar geglo is dat die arend in die son in kan kyk, soos Johannes in die misterie van God kon inkyk (Eksodus 19: 4; Levitikus 11:13; Deuteronomium 14:12; Jesaja 40:31; Esegiël 1: 10; Daniël 7:4; Openbaring 4:7; 12:14).

Duif: Duiwe was volop en is aangehou as kos (Genesis 8:8-12; Levitikus 1:14; 2 Konings 6:25; Jesaja 38: 14; Matteus 3:16; 10:16; Lukas 2:24; Johannes 2:16).

Fisant: Jeremia 17:11.

Flaminke: Levitikus 11:18; Deuteronomium 14:16.

Hoep-hoep: Levitikus 11:19; Deuteronomium 14:18.

Hoender: Matteus 23:37; 26:34.

Ibisse: Levitikus 11:17; Deuteronomium 14:16.

Lammervanger: Levitikus 11:13; Deuteronomium 14:12.

Kraai: Kraaie en rawe is dikwels saam gegroepeer. Rawe is groot vleisetende voëls; geen wonder dat hulle Elia kos kom gee het toe hy honger in die woestyn was nie ( Genesis 8: 7; Levitikus 11:15; Deuteronomium 14:14; 1 Konings 17:4; Job 39: 3; Jesaja 34:11).

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 

image_pdfimage_print

You may also like...