Fauna en flora in die Bybel (13)

Fauna en flora in die Bybel (13) – Jan van der Watt

Kwartel: Ons lees dat die Israeliete kwartels in die woestyn gevang het. Kwartels migreer noord in die somer en suid in die winter. Hulle vlieg gewoonlik laag oor die grond, wat hulle natuurlik goeie teikens maak om te vang (Eksodus 16:13; Numeri 11:31-32; Psalm 105:40).

Mossies: Daar was waarskynlik baie mossies, want in Matteus 10:29 word daar gepraat oor mossies wat so goedkoop is. Die klein voëltjies is geëet. Waarskynlik was wat ons met “mossie” in die Bybel vertaal nie die mossies wat ons ken nie. Dit het waarskynlik na enige klein voëltjie verwys (Matteus 10: 29-31).

Nagvalke: Levitikus 11:16; Deuteronomium 14:15.

Ooievaar: Levitikus 11:19; Deuteronomium 14:18.

Patrys: Hierdie voëls asook hulle eiers was as lekkerny gesien in Israel (1 Samuel 26:20).

Pelikane: Levitikus 11:18; Deuteronomium 14:17; Psalm 102:7.

Rawe: Sien kraai.

Reier: Die reiers was nie permanente inwoners van Israel nie.  Hulle migreer gedurende die winter en vlieg dan oor die gebied van Israel ( Levitikus 11:19; Deuteronomium 14:18).

Roofvoëls: Genesis 15:11; Levitikus 11:16; Deuteronomium 14: 13, 15.

Seemeeu: Levitikus 11:16; Deuteronomium 14:15.

Swane: Levitikus 11:18; Deuteronomium 14:17.

Swartaasvoëls: Deuteronomium 14:13.

Tortelduif: Genesis 15:9; Levitikus 1:14; Lukas 2:24.

Uile: Hulle word gewoonlik in die Bybel geteken as die inwoners van verlate ruïnes ( Levitikus 11: 17; Deuteronomium 14:16; Jesaja 34:11, 15; Psalm 102:7).

Valk: Levitikus 11:14; Deuteronomium 14:13; Job 39:29.

Visarend: Levitikus 11:13; Deuteronomium 14:12.

Visvanger: Levitikus 11:17; Deuteronomium 14:17.

Volstruis: In Job 39:16-21 word die volstruis gebruik om die wonder van God te beskryf.  God werk nie altyd soos mense dink Hy moet nie. Hy verras dikwels; kyk na die volstruis. Dit is die grootste voël, maar dit kan nie vlieg nie. Voëls moet mos kan vlieg. Tog, as dit moet hardloop, hardloop dit vir ‘n perd weg. Hoe verrassend is die skepping nie (Levitikus 11:16; Deuteronomium 14: 15; Jesaja 34:13; Klaagliedere 4:3).

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt