Fokus ons na binne of na buite

image_pdfimage_print

 

To demand from others what the Spirit Himself patiently endures is to exalt ourselves above God. —R.C. Sproul

 

Fokus ons na binne of na buite

Tony Morgan het na 200 verskillende gemeentes gekyk. Hy kom tot die gevolgtrekking dat ‘n gemeente se gesondheid bepaal word deur sy fokus – na binne of na buite. Dit ook die saak wat die meeste spanning veroorsaak as oor verandering besluit moet word.

 

 

Die basiese vraag is: Wat is ons bereid om te doen vir mense buite die gemeente en buite ons geloof? Vir party gemeentes is dit omtrent alles; vir ander is dit omtrent niks nie, want hulle is bang hulle verloor van hulle bestaande lidmate. Kom ons kyk na die eienskappe van hierdie twee tipes gemeentes.

  • Gemeente na buite gefokus. Die primêre uitdaging is hoe om mense te help met hulle geestelike reis nadat hulle Christus aanvaar het. Meeste van hierdie gemeentes is baie sensitief vir hierdie uitdaging. Hulle leiers is baie ongemaklik met mense wat geestelik vasval. Hulle besef dat hierdie mense met ‘n lewenskragtige verhouding met Jesus Christus wil aanhou om ongelowiges te bereik.
  • Gemeente na binne gefokus. Die primêre uitdaging is hoe om mense wat nie ‘n verhouding met Jesus Christus het nie, te bereik. Meeste van hierdie gemeentes is nie juis sensitief vir hierdie uitdaging nie. Die leiers is baie ongemaklik met enige verandering, want dit mag lidmate wegdryf … en hulle inkomste benadeel. ‘n Gemeente wat nie fokus op die uitreik na nuwe mense nie, is al klaar aan die agteruitgaan. Indien die gemeente nie verander nie, is daar net een eindresultaat: dood van die gemeente.

 

Dit is belangrik dat gemeentes wat na buite fokus ‘n doelbewuste plan moet hê vir geestelike ontwikkeling. Dit sluit in geleenthede vir dissipelskap bo en behalwe die eredienste op ‘n Sondag. Meeste van die “nuwe” lidmate is betrokke hierby.

 

Gemeentes wat na binne fokus het nooit ‘n doelgerigte plan om mense buite die gemeente (ongelowiges) te bereik nie. Hulle hoop dat ongelowiges sal hoor wat hulle vir hulle lidmate doen en by hulle sal aansluit. Dit is ‘n strategie wat net nie werk nie.

 

Watter soort gemeente het julle? Is julle bereid om die primêre uitdaging van daardie soort gemeentes aan te pak? Aanvaar die uitdaging, maar onthou net … party mense gaan ongemaklik voel.

 

 

image_pdfimage_print