Gebed

 

“Who delivered up Jesus to die? Not Judas, for money; not Pilate, for fear; not the Jews, for envy; — but the Father, for love!” –Octavius Winslow

 

Gebed

“My biggest concern for this generation is your inability to focus, especially in prayer.” (Francis Chan). Miskien is dit tyd om weer na ons private gegedslewe te kyk. Wat bedoel ons met private gebed en hoekom is dit so belangrik?

Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle:  Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon (Matteus 6:5 – 6).

 

Natuurlik moet ons in die openbaar bid. Die gevaar van openbare gebed is dat ons God na die kantlyn toe skuif net om onsself indrukwekkend te laat lyk. Ons private gebede is ‘n onfeilbare toets vir ons geestelike integriteit. Private gebed is ‘n belangrike toets of ons opreg is. Dit wys vir ons wie ons werklik geestelik is en dit is noodsaaklik om daardie plekke waar ons tekortskiet of opstandig is, te genees.

 

As private gebed dan so belangrik is, hoe kan ons dit verbeter?

  1. Skep jou “kamer”

Kry die plek waar jy gereeld kan bid. Dit moet genoeg lig en spasie hê sodat jy jou Bybel kan lees en skryf en kan kniel.

 

  1. Begin met die Bybel

Gebed is ‘n reaksie op God se inisiatief om met ons in sy woord te praat. Begin met die Bybel; dink na oor wat jy gelees het; bid.

 

  1. Aanbid; bely; dank; vra

Martin Luther het gesê dat ons die vorm van die Ons Vader gebed moet volg, maar met vars woorde elke dag. Een so ‘n form is:

  • Aanbid God; loof Hom vir die waarhede geopenbaar in sy woord.
  • Bely jou sondes en mislukkings.
  • Dank God vir sy genade en barmhatigheid.
  • Vra – versoeke vir jou en jou gesin en jou gemeente en ander.

 

  1. Maak jou begeertes bekend

Vertel vir God wat jou pla en waaroor jy bekommerd is. Wees eerlik met God en met jouself. Hy weet dit reeds, maar Hy wil dit graag van jou hoor. Dit is ‘n wonderlike voorreg.

 

  1. Hou dit vars

Skryf soms gebede uit waarin jy skerp fokus. Kombineer soms gebed en vas of onttrek jou na waar jy alleen stil kan wees.

 

Min dinge vestig jou aandag soos die voorreg en krag van private gebed – dit is ‘n goeie belegging.