Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(2)

Voedselsoorte en Etes (2) – Hennie Stander

Groente

Verskillende groentesoorte het ook omtrent altyd deel uitgemaak van enige maaltyd. Boontjies en lensies was baie algemeen regdeur die Ou Testa­mentiese periode (“Vat koring, gars, boontjies, lensies, sorghum en spelt …”-Esegiel 4:9). Ja­kob het ook vir Esau lensiesop gegee (Genesis 25:33-34). Aan Dawid is onder andere boontjies gegee toe by van Absalom gevlug het (2 Samuel 17:28). In Egipte was komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel baie bekend (Numeri 11:5).

Melk

Melk was ook ‘n basiese voedselsoort en dit is verkry van die beeste en kleinvee wat hulle aangehou het. Van hierdie melk is toegelaat om te gis en dit is dan as dikmelk gedrink (Genesis 18:8; Rigters 5:25).

 

Melk is egter nie net gebruik om te drink nie, maar daar is ook allerhande ander produkte daarvan gemaak. Dit is byvoorbeeld gekarring, ten einde botter daarvan te maak (vgl Spreuke 30:33). In 2 Samuel 17:29 word daar eksplisiet vertel van kaas wat van beesmelk gemaak is. Ongelukkig weet ons nie altyd presies hoe hierdie melkprodukte van die antieke tyd gelyk het en in watter mate dit met ons moderne produkte ooreenkom al dan nie.

 

‘n Bedoeienvrou maak ‘n suurmelkdrankie buitekant haar tent

 

Vleis en vis

Vleis het dikwels deel uitgemaak van ‘n Israeliet se dieet. Toe God ‘n verbond met Noag gesluit het, het Hy horn ook toegelaat om diere as voedsel te eet (Genesis 9:2-3). Salomo se daaglikse kosvoorrade was onder andere “tien vetgevoerde beeste, twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe nog takbokke, gemsbokke, ribbokke en vetgemaakte pluimvee” (1 Konings tydens besondere fees­geleenthede geslag, soos byvoorbeeld toe die verlore seun na sy huis teruggekeer het: (Lukas 15:23; vgl ook 1 Samuel 28:24; Matteus 22:4).

 

Die vleis van bokke was meer algemeen en goedkoper en in die verhaal vanbokkie gegee het the (Lukas 15:29). Gideon se gas het ook bokvleis geëet (Rigters 6:19). Die Jode mag ook sekere voëls geëet het (Deuteronomium 14:20), maar dit was altyd belangrik dat die bloed eers uit enige dier gedreineer moes word, alvorens dit toegelaat was om dit te eet.

 

Vis, was baie gesog alhoewel die eet van sekere soorte vis verbode was gebruik die (vang van) vis dikwels as beeld in sy leringe (Matteus 13:47-48; Lukas 11:11). Dit lyk of ook eiers geëet is (vgl Lukas 11:12).

 

Prof Hennie Stander