Gee ons vandag ons daaglikse brood

 

It is sad to see that, in out highly competitive and greedy world, we have lost touch with the joy of giving. We often live as if our happiness depended on having – Henri Nouwen

 

Gee ons vandag ons daaglikse brood

Die Bybel sê dat brood vier dinge verteenwoordig. Maar die Bybel sê ook: Hy het dit gedoen om jou te leer dat ‘n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke woord wat uit die mond van God kom (Deuteronomium 8:3). Brood beteken egter meer as net die brood wat ons eet. Rick Warren identifiseer vier dinge wat ons daagliks nodig het wat deur brood verteenwoordig word.

 

  1. Brood verteenwoordig die noodsaaklikhede van die lewe

Gee ons vandag ons daaglikse brood beteken nie dat ek nou maar op die bank kan sit en wag en God sal geld gee om brood te koop nie. Ons moet werk. Die Israeliete moes in die woestyn uitgaan om die manna wat God gegee het, op te tel. Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek – daar is geen brood op die tafel nie (Spreuke 14:23).

 

  1. Brood verteenwoordig God se woord

Brood is die simbool van die Bybel, ons geestelike voedsel. Toe die Israeliete in die woestyn op pad na die beloofde lang was, gee God aan hulle manna. Maar mense het meer as brood nodig. Soos ons in Deuteronomium 8:3 gesien het, het ‘n mens meer as net brood nodig. Ware lewe is as ek leef van elke woord wat uit God se mond kom. Ons het ook geestelike voeding nodig.

 

  1. Brood verteenwoordig God se familie en gemeenskap

 Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? (1 Korintiërs 10:16). Ons het God se mense in ons lewens nodig. Al het ons nie bloedfamilie nie, wil God hê dat ons deel van sy familie moet wees – die kerk. Dit is die plek vir die geloofsgemeenskap.

 

  1. Brood verteenwoordig verlossing

Met die instelling van die nagmaal (Matteus 26:26 – 29) gebruik Jesus brood as simbool van sy opoffering. As ons die wyn drink en die brood eet, herinner dit ons aan hoe lief God ons het en aan die offer wat Hy vir ons gebring het.

 

Wat ook al ons nodig het – fisiese, emosionele, geestelike en verhoudings – sal God voorsien as ons op Hom vertrou.