Geen trane meer nie

. —William Gurnall

Geen trane meer nie

Die kruis verseker ons dat Jesus die Bose in die verlede oorwin het, maar dit is ook ‘n waarborg vir ons ondervinding van die oorwinning in die toekoms. Dan sal alle dinge vernuwe word en sal al die trane weggevee word. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ‘n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog (Openbaring 7:16 – 17).

 

Die hoogtepunt van hierdie toekomsvisioen kry ons in Openbaring 21 – 22. Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie (21:1); Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie (22:3); Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeë het verbygegaan (21:4).

Die toekoms is dus ‘n heeltemal nuwe hemel en aarde. Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer (Matteus 19:28); Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het (Handelinge 3:21); Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee: die skepping sal self ook bevry word van verslawing aan die verganklikheid, om so tot die vryheid te kom van die heerlikheid waaraan die kinders van God deel sal hê. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe nog sug in die pyne van verwagting (Romeine 8:19 – 22); Maar ons leef in die verwagting van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers (2 Petrus 3:13).

Dit is die nuwe wêreld wat Johannes in Openbaring 21 – 22 sien. Ons geloof bied nie net vir ons vertroosting nie, maar ook herstel. In die nuwe skepping sal God saam met sy mense in heerlikheid en blydskap woon. Wat ‘n vooruitsig.