Geestelike groei – dinge om nie te doen nie

 

“If Christians want us to believe in a Redeemer, let them act redeemed.”   ~Voltaire

 

Geestelike groei – dinge om nie te doen nie

Die moderne mens soek kitsoplossings vir alles. Daar is egter ‘n paar kortpaaie vir geestelike groei wat nie werk nie. ‘n Kortpad is ‘n alternatief wat belowe dat ons gouer by ons bestemming sal uitkom. Wat belangrik is, is by watter bestemming jou kortpad jou bring. Daar is ‘n paar van hierdie kortpaaie wat ons weer moet ondersoek.

  1. Probeer om die Skrif alleen te interpreteer

Toe ons net Christene geword het, het ons gehoor dat ons ‘n doelgerigte afspraak met God moet hê. In ons stiltetyd moet ons sit en “hoor” wat die Skrif vir ons sê. Ons lees ‘n gedeelte, dink na daaroor, bid daaroor en vra God om vir ons die betekenis te openbaar. Natuurlik is hierdie tyd met God baie belangrik. Maar as ons altyd die Bybel alleen lees, is daar die groot gevaar dat ons ons eie gedagtes in die teks inlees. Om die Skrif te interpreteer, is moeilike werk. Ons moet besef dat die eerste ontvangers van die teks dalk heeltemal ander perspektiewe as ons gehad het. Daarom is addisionele leeswerk noodsaaklik. Net so belangrik is om jou gevolgtrekkings met ander mense te bespreek.

 

  1. Ignoreer al die godsdienstige aspekte van die Christendom

“Dit is ‘n verhouding, nie ‘n godsdiens nie.” Godsdiens is dit wat ons glo en ons wêreldsiening wat georganiseer is. Die Christendom is eerstens ‘n verhouding met Jesus Christus, maar dit is ook dit wat ons glo en ‘n kultuursisteem – dit wil sê, godsdiens. As ons godsdiens afskryf, laat dit ons dink dat dit wat ons persoonlik van Jesus Christus hoor al is wat belangrik is. As ons godsdiens verwerp, mag dit ons op die verkeerde pad lei:

  • Op een of ander stadium kom ons in aanraking met die mensgemaakte elemente wat ons verhouding infiltreer. Ons kan nie meer feite en fiksie onderskei nie.
  • Daar kan nie langer tussen ons en die mense om ons onderskei word nie – gelowiges en ongelowiges tree eenders op.

 

  1. Vertel mense van God se wonderlike plan vir hulle lewens

Dit is waar, maar “wonderlik” is nie wat ons dink dit is nie. Dit beteken nie geld, roem en status nie. God se “wonderlik” lyk nie altyd soos ‘n groot bankbalans en hordes bewonderaars nie. Dit beteken nie dit is minder wonderlik nie

 

Geestelike groei is noodsaaklik, maar dit is nie so eenvoudig nie. Oppas vir slaggate langs die pad.