Geestelike groei en sang

 

To know that God knows everything about me and yet loves me is indeed my ultimate consolation. —R.C. Sproul

 

Geestelike groei en sang

Daar is sekere gewoontes – geestelike dissiplines – wat sinoniem is met geestelike groei. Hier dink ons aan Bybelstudie, gebed, vas en ander. Dit is interessant dat mense gereeld in die Skrif aangesê word om te sing. Dit lyk asof sing in die Bybel nie ‘n opsie is  nie, maar ‘n opdrag. Hoekom sou dit so wees.

  1. Ons moet sing, want ons vergeet

Ons is geestelik vergeetagtig. Ons hoor van al God se beloftes – ons lees hulle, bestudeer hulle, dink na oor hulle. Maar kom daar die geringste probleem in ons lewe begin ons twyfel. Is God wie ons dink Hy is? Daarom moet ons sing. Sang lig die oë na bo. Vanaf die begin was een van die belangrikste instumente om teologie te leer musiek.

 

  1. Ons moet sing, want ons is emosioneel

Emosies is ‘n gawe. Ons harte word wakker as ons sing. Ons kan nie deur ons emosies beheer word nie, maar as ons nooit emosioneel met God verbind nie, is ons geloof maar vaal. Dit is waarom ons opdrag kry om te sing – wanneer ons denke onthou maar ons hart vergeet.

 

  1. Ons moet sing, want ons is trots

Sang, vir meeste van ons, is onwaardig, want ons het nie juis groot stemme nie. Ons stemme is nie geoefen nie. Kinders en nie volwassenes nie, sing. As ek dus so sing dat ander my kan hoor, moet ek my trots vergeet.

 

Kom ons sing; kom ons sing hardop; kom ons sing tot eer van God.