God is heilig

 

Had any other condition been better for you than the one you are in, Divine Love would have put you there. —C.H. Spurgeon

 

God is heilig

As ons van God se heiligheid praat assosieer ons dit feitlik altyd met reinheid en geregtigheid. Heiligheid bevat hierdie deugde, maar dit is nie heiligheid se primêre betekenis nie.

 

Die Bybelse woord heiligheid het twee betekenisse. Die primêre betekenis is “afgesonder” of “anders.” As ons sê dat God heilig is, beklemtoon ons die verskil tussen Hom en sy skepsels. Dit verwys daarna dat Hy ons aanbidding en eer werd is. Die grond waarop Moses by die brandende bos gestaan het, was heilig, want God was daar teenwoordig.

 

Die sekondêre betekenis van heilig verwys na God se regverdige optrede. God doen wat reg is; Hy doen nooit wat verkeerd is nie. Omdat God heilig is, is Hy groot en goed. As ons geroep word om heilig te wees, beteken dit nie dat ons in God se goddelike majesteit deel nie, maar dat ons anders is as ons normale sondigheid. Ons word geroep om die morele karakter en optrede van God te weerspieël.

 

Ons word geroep om heilig te wees – om God se geregtigheid en reinheid te weerspieël.