God se eienskappe

God se eienskappe

 

  • Jona se haat staan teenoor God se genade en barmhartigheid. Jona wou hê dat God Nineve moet verwoes, maar God bewys barmhartigheid aan sondaars wat dit nie verdien nie. Wat motiveer so ‘n gesindheid? Liefde.
  • Lankmoedig en vol liefde.
  • Net God kan so iets doen – afsien van verdiende straf.

Ons houding teenoor die mense om ons is gewoonlik selfsugtig. Ons moet in ons die hart vir God vir mense om ons ontwikkel. Nie soos Jona nie: rigied. Ons glo dat God ‘n God van toorn is vir almal wat anders as ons is. Ons is dikwels so besig met godsdienstige sake dat ons nooit God se hart vir diegene wat ver van Hom af is, ontdek nie.

Ons moet bid dat ons mense sal sien soos God hulle sien – ook diegene wat nie ‘n verhouding met Hom het nie.