God wil hê dat sy kinders sy skepping moet geniet

 

First we affirm that we desire to follow Scripture alone as rule of faith and religion, without mixing with it any other thing which might be devised by the opinion of men apart from the Word of God, and without wishing to accept for our spiritual government any other doctrine than what is conveyed to us by the same Word without addition or diminution, according to the command of our Lord.  –  Johannes Calvyn

 

God wil hê dat sy kinders sy skepping moet geniet

As ek ‘n Christen word, word my plesier tot geestelike dinge beperk. Reg? Nee. Jonathan Edwards sê dat die Christelike geloof ons plesier deur ons liggaamlike sintuie verhoog. Hy verduidelik hoe.

  1. Deur dankbaarheid vir ons sintuie. Sommige mense voel skuldig oor plesier deur liggaamlike sintuie. Dit geld vir die hoor van mooi musiek of die smaak van ‘n lekker biefstuk of fisiese intimiteit in die huwelik. Hulle voel skuldig en dit dreineer alle vreugde. Edwards sê dat deur godsdiens ons van alle onnodige hindernisse ontslae kan raak en die plesier wat God vir ons gee, kan soek en geniet. Religion is not a thing that makes these things useless to us, nor does it cut us off from the enjoyment of them. (Edwards).
  2. Dit lei tot matigheid. Daar is natuurlik mense wat hulle te buite gaan. Dit vermider uiteindelik hulle vreugde. Deur die werk van die Heilige Gees kan die gelowiges selfdissipline opbou.
  3. Dit voeg vrede by die plesier. As ek plesier najaag deur my menslike begeertes na te jaag, lei dit tot ‘n innerlike stryd wat die plesier verminder of wegneem. Jou gewete kla jou aan.
  4. Dit verseker veiligheid. Die ongelowige lewe gedurig in vrees dat hy die plesier gaan verloor. Weens die gevoel van veiligheid – veral ewige veiligheid – ondervind die Christen meer plesier as die ongelowige
  5. Die gelowige sien die liefde van God agter die plesier. Die ongelowige dink nie aan al die mense wat sy plesier moontlik maak nie – hy dink nog minder aan God wat soewerein oor al hierdie dinge is. Vir die Christen word elke krummeltjie brood en elke druppel water soeter, want hy weet dat God dit in liefde voorsien het.
  6. Deur gawes te gebruik om God meer lief te hê. Die Christen ontvang nie net meer van God se liefde in sy plesier nie, maar hy gee ook meer liefde aan God deur sy plesier. Jy loof en dank Hom vir sy liefde deur liefde aan Hom te bewys.
  7. Dit vermeerder ons naasteliefde. Ongelowiges is jaloers op dié wat meer as hulle het en kyk neer op diegene wat minder as hulle het. Die Christene eet en drink in vrede met sy naaste. Die Christen dink altyd aan ander en bid dat almal kan geniet wat hulle geniet. Hulle verheug hulle ook in diegene wat meer as hulle het.
  8. Dit verwyder die skaduwee van sonde. Deur sonde te vermy, verhoed die Christen aanklagte van hulle gewete, vrees vir oordeel en ondergang van familie, finansies en liggaam.

 

Eet heuning, my seun, dit is lekker; die stroop is soet in jou mond. So smaak die kennis, die wysheid ook; as jy dié gekry het, het jy ‘n toekoms, en jou hoop sal jou nie ontneem word nie (Spreuke 24:13 – 14).