Heel en heilig

 

 “We shall never lack those who persecute Christ in us, even though they proudly attack us in the name of Christ.  Is this not the fire that proves the character of each man’s work, whether he goes into battle for the honour of this world or of Christ?… I believe that the Church, as it was brought forth in blood, so can be restored by blood and in no other way.”  — Zwingli

 

Heel en heilig

Becoming Whole and Holy: An Integrative Conversation about Christian Formation is ‘n interessante boek. Die drie skrywers is in gesprek met mekaar. Hulle agtergronde verskil – Bybelse hermeunitiek, die sosiale wetenskappe en  etiek. Ons kry dus ‘n breë en geintegreerde benadering tot geestelike vorming.

 

In Hoofstuk 2 word begin deur oor wat geestelike vorming nie is nie te bespreek.

  1. Dit is nie net ons verantwoordelikheid nie

Ons mislei ons as ons dink dat geestelike vorming binne ons bereik is. Dit is ‘n swak poging om tye beheer, wat uiteindelik uitputtend en ontmoedigend is. Dink weer aan Paulus se belofte: Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit enduit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom (Filippense 1:6). Alles hang nie net van ons af nie.

 

  1. Dit is nie net God se verantwoordelikheid nie

Omdat alles nie net van ons afhang nie, beteken dit geensins dat alles nou net God se verantwoordelikheid is nie. Ons kan nie net passiewe bystanders wees nie. Ons moet ons teenoor God oriënteer; ons moet die geestelike dissiplines wat die toets van die eeue deurstaan het gebruik sodat ons genesing en verheldering kry.

 

  1. Dit is onvermydelik

Ons glo dikwels dat vooruitgang onvermydelik is. Geestelike vorming en fisiese groei verskil van mekaar. Ons mag geestelik glad nie groei nie en selfs agteruitgaan. Verandering gebeur nie net omdat die tyd verby gaan nie.

 

  1. Liniêr

Geestelike vorming is nie ‘n proses wat altyd net opwaarts gaan nie. Ons kan op en af of selfs al in die rondte gaan. Groei kom as ons stadig, progressief opwaarts gaan.

 

  1. Los van enige konteks

0ns konteks, insluitend die mense en die kultuur om ons help om ons geestelike vorming te vorm. Daar is geen program vir vorming wat konteks kan ignoreer nie. Moenie dit wegwens nie, maar gebruik dit as ‘n positiewe invloed.

 

Daarna word daar na vyf positiewe aspekte gekyk wat geestelike vorming bevorder.

  1. Die gewilligheid om God se uitnodiging in die stemme van ander te hoor

Al lyk dit asof hierdie stemme min het om aan te bied, is hulle dikwels versluierde uitnodigings van God om meer aandag te gee aan ons ongeduld, verskille en veroordelende aard – uitnodigings om God toe te laat om op nuwe maniere te werk.

 

  1. Verdra onsekerheid

Die werk van geestelike vorming kan ons ontstel Om te midde van onsekerheid te funksioneer, vereis geloof in God. Paradokse is volop en nooit ver as ware groei plaasvind nie

 

  1. ‘n Ondersoekende gees
  2. Die vermoë om vir die oomblik te lewe
  3. Die vermoë om angs te hanteer

Angs kan ‘n vriend wees – dit maak ons bewus van gevaar wat dreig, maar dit kan ook rasionele denke onderdruk – ons word reaktief.