Hoe moet ek haat?

 

“There is nothing dreary or doubtful about (the life). It is meant to be continually joyful…We are called to a settled happiness in the Lord whose joy is our strength.” ~ Amy Carmichael

 

Hoe moet ek haat?

In ‘n vorige blog het ons na heilige haat verwys: Julle het die Here lief, haat dan wat sleg is (Psalm 97:10). Hoe kan jy op ‘n Christelike wyse haat?

  1. Haat Bybels. Persoonlike voorkeure en vooroordele mag geen rol speel nie. Ons moet ook net haat wat die Bybel sê ons moet haat. Ons haat die bose in die algemeen, maar die Bybel identifiseer ook sekere spesifieke sondes. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad (Psalm 119:104); Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde (Spreuke 8:13); Die regverdige haat leuens; die goddelose maak hom gehaat en veragtelik (Spreuke 13:5); ens.
  2. Haat proporsioneel. Ons kan nie dieselfde graad van haat vir alle oortredings hê nie. Jou haat moet die erns van die sonde weerspieël
  3. Haat toepaslik. Dit gaan altyd met gebed en God se woord gepaard.
  4. Haat onpersoonlik. Probeer die sonde van die persoon skei. Dit is nie maklik nie. Jesus Christus het elkeen van ons persoonlik lief, maar haat die sonde wat ons doen.
  5. Haat in liefde. Omdat ek die persoon se sonde haat, is daar geen verskoning om onbeskof te wees nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:17 – 18). Luister na hulle siening; moenie hulle beledig nie; soek geleenthede om praktiese dade van liefde te bewys.
  6. Haat evangelisties. Ons moet wys dat ons ‘n persoon se sonde veroordeel, maar dit moet nie die eindpunt wees nie. Die eindpunt is om vir hulle Jesus Christus se volle en vrye vergifnis te wys. Ons wil hulle nie verkeerd bewys nie, maar op die regte pad help.