Hoe moet ons die psalms lees?

 

“I rejected the church for a time because I found so little grace there. I returned because I found grace nowhere else.” —Philip Yancey

 

Hoe moet ons die psalms lees?

Ons gaan voort met Mel Lawrenz se oorsig oor hoe ons die Bybel moet lees.

 

Ons lees die psalms as ons krag of vertroosting nodig het – of as ons net woorde soek om te bid. Hoe kan ons die meeste uit die psalms kry?

 

Die Bybel is God se woord aan mense – ‘n interaksie tussen die Skepper en die mens. Ons verstaan die Skrif net as ons dit in die goddelike-menslike dialoog hoor. In die psalms hoor ons nie net God wat met ons praat nie, maar ook het ons die voorreg van die mens wat met God praat – twee partye in interaksie met mekaar. In die psalms kry ons die volle reeks van die status van die mens se hart.

  • Danksegging en lof: Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie (107:1).
  • Klaaglied: My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep (22:2).
  • Feesviering: Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers (123:1).
  • Wysheid: As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs (127:1)
  • Oordeel: Laat u straf hulle tref en die vlam van u toorn hulle oorval. Laat hulle blyplekke verwoes word sodat daar niemand oor is in hulle wonings nie (69:25 – 26).

 

In die psalms kry ons eerlike uitdrukkings uit die hart. Die hoogste vreugde en diepste hartseer word uitgedruk. Die skrywers pleit by God, skreeu op Hom en pleit om vergifnis. Hulle loof deugde en regverdigheid en hulle veroordeel die verkeerde handelinge van mense. Hulle leer ons van God se eienskappe (Hy is ons herder); hulle leer ons van die mensdom se groot potensiaal (U het hom ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak – 8:6).

 

Hoe moet ons dan hierdie skatkis lees? Die psalms is die liedere wat die Israeliete in hulle aanbidding gebruik het. Hulle is saamgevoeg in ‘n enkele versameling nadat die Jode uit die ballingskap teruggekeer het. Ons kry baie aanhalings uit die psalms in die Nuwe Testament. Dit bewys hulle was diep ingebed in die gedagtes en harte van die Jode.

 

Hoe kan ons dan die psalms lees? Stadig en doelgerig om die klanke, aanraking, reuk in te neem.  Lees elke dag een psalm hardop. Herroep die psalms tydens kritiese tye in jou lewe. Bid die psalms. Plaas jouself in die skoene van die skrywer.

 

Wat ‘n wonderlike voorreg om hierdie pad na God tot ons beskikking te hê.