Hoe moet ons op lyding reageer?

The truth is a trap: you cannot get it without it getting you; you cannot get the truth by capturing it, only by its capturing you – Søren Kierkegaard

 

Hoe moet ons op lyding reageer?

Wat baie interessant is, is dat ons nooit lees dat Job tot God bid en Hom vra om hom te verlos nie. Dit beteken nie dat so ‘n reaksie misplaas is nie, maar as die boek strategieë aanbied, is hierdie besondere strategie, gebed, afwesig. Nêrens in die Bybel lees ons van ‘n standaard opeenvolging van lyding – gebed – genesing nie. Selfs in die Ons Vader gebed is daar geen gebed vir die verligting van lyding nie – net dat ons nie versoek sal word nie en dat ons die koninkryk van God sal soek.

 

Ons gebede moet fokus op hoe ons op lyding reageer – Here leer ons om meer te vertrou, meer afhanklik van U, geduldiger met ander, meer bewus van my swakhede, voller van genade en nie bitterheid te wees nie. Ons moet ons lyding gebruik om nader aan God te kom. Moenie na die verlede kyk om redes vir jou lyding te soek nie – dit beteken nie dat jy nooit redes sal kry nie. Soms ly ons as gevolg van slegte keuses. Ons moenie aanvaar dat omdat ons ly ons iets moes gedoen het om dit te verdien nie.

 

Mense wat ly vra dikwels: Waarom ek? Eintlik moet ons hierdie vraag vra as ons glad nie ly nie of as ons lyding opgelos word. As ons dan nie verduidelings vir ons lyding kan verwag nie, wat moet ons dan verwag? Ons moet verwag dat God ons tydens ons lyding sal onderhou en ons selfs deur ons lyding mag versterk. Ons prys en eer God deur in geloof op Hom te vertrou. Ons kry ‘n doel in lyding as ons toelaat dat ons lyding ons in afhanklikheid nader aan Hom trek. Ons eer en dien God deur ander wat ly, te help.

 

Bonhoeffer sê vir ons dat behalwe geloof en vertroue verlang God van ons nederigheid: nederigheid in ons vermoë om te onderskei hoe die heelal werk en nederigheid in ons vermoë om God en sy optrede volledig te verstaan.