Hoe oortuig ek ongelowiges?

What I can do, you cannot. What you can do, I cannot. But together we can do something beautiful for God – Moeder Teresa

 

Hoe oortuig ek ongelowiges?

Ongelowiges wat die evangelie hoor, word of oortuig of hulle draai hulle rug op die kerk. Wat maak die verskil? Volgens Tim Keller is dit die evangelistiese metodes waaraan ons hulle blootstel. Hy verdeel ongelowiges in drie groepe: diegene wat geen idee het nie, diegene wat vyandig is en diegene wat beïndruk is. Ongelowiges vind die evangelie verbasend of interessant of oortuigend. Daar is ‘n klein groepie wat vyandig is, maar die meeste weet nie eers waaroor dit gaan nie.

 

Paulus is vir ons ‘n goeie voorbeeld. Tydens sy bediening het hy ‘n wye spektrum van geloof by mense gekry. Alle mense het kennis van God se woord, maar evangeliste moet uitvind van watter deel hulle iets weet. Paulus het in mense se geloof gekom, iets gekry waarin hulle geglo het wat hy kon bevestig en het dan dit wat hulle glo teen hulle gebruik. Om mense met die evangelie te slaan en hulle te vertel dat hulle verkeerd is, daarenteen, laat hulle hulle rug op jou keer.

 

Hoe doen jy dit? Stem saam met ‘n individu wat ‘n gegewe feit oor God glo en brei dan uit op ander feite wat net so waar en redelik is. Om dit te kan doen, moet jy eers ‘n verhouding met ongelowiges bou. Jy moet bewus wees van hulle vrese, besware en twyfel – hulle moet besef dat jy hulle verstaan.