Hoe verander ons ‘n persoon se hart?

Norman Schwarzkopf


Hoe verander ons ‘n persoon se hart?

Dit is onmoontlik. Net God kan dit as deel van sy verlossingsplan doen. Die evangelie gaan nie net oor hoe om gered te word nie. Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee. Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en vir julle ‘n hart van vlees gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom (Esegiël 36:26 – 27). Dit gaan nie net oor ‘n gebed bid nie en dan te leef asof niks gebeur het nie. As God in ons lewens kom, verander ons van binne.

As God in ons lewens kom, word ons van binne verander; deur die lewe, dood en opstanding van Jesus word ons van binne nuut gemaak. God verander ons harte – Hy plaas letterlik sy Gees in ons harte. As ons iemand wat swaarkry sien, moet ons altyd onthou waarvandaan ons krag kom. God het alles wat ons nodig het om ons roeping te vervul, voorsien.

God gee krag om die harte van mense te verander: Dit is die Gees wat iemand lewend maak, die mens self kan dit nie doen nie (Johannes 6:63). Hoe doen God dit? Deur sy woord: Die hele Skrif is deur God geïnՙspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk (2 Timoteus 3:16 – 17). Hy doen dit ook deur gebed. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bis vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16 – 17). Ons kan dit so opsom: As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe (Romeine 8:13).

Om mekaar se laste te dra is moeilik, maar dit is nie opsioneel nie. Daarvoor is die kerk daar. God se bedoeling is egter dat die kerk een liggaam moet wees en nie ‘n klomp individue nie. Hy bemagtig ons om die waarheid en transformasie in mense se lewens te bring – nie deur vir hulle traktaatjies te gee en goeie wense toe te wens nie. As ons God se roeping in die kerk wil uitleef, moet ons ons verantwoordelikheid vir mekaar baie ernstig opneem.