Hoekom het die wêreld die Christene raakgesien?

 

It is often very good for young persons if their wishes are not all gratified.” – Philip Melanchthon

 

Hoekom het die wêreld die Christene raakgesien

In die eerste eeu, met die Christendom in sy kinderskoene, het die Grieks-Romeinse wêreld min aandag daaraan gegee. Dit was eintlik as ‘n subgroep onder die Joodse sambreel gesien. Maar in die tweede eeu word die Christendom as ‘n onderskeibare godsdienstige entiteit gesien en die Grieks-Romeinse kultuur begin kennis neem van die Christendom – en hulle het nie gehou van wat hulle gesien het nie. Christene is as ‘n snaakse godsdienstige beweging gesien wat die norme van die normale samelewing ondermyn het. Christene was … anders.

 

Wat was so anders van die Christene? Hoe het hulle van die omliggende Grieks-Romeinse kultuur verskil? Daar was veral twee aspekte wat verskil het van die omliggende kultuur.

  • Christene het aan geen ander gode eer betoon nie. Dit was ‘n irritasie vir die regeringsamptenare wat graag wou sien dat die heidense tempels vol lojale aanbidders moet wees.
  • Die seksuele etiek van die Christene. Romeinse burgers het dikwels buite-egtelik verhoudings en betrokkenheid met tempelprostitute gehad. Christene het geweier om aan hierdie praktyke deel te neem. Tertullianus sê: “One in mind and soul, we do not hesitate to share our earthly goods with one another. All things are common among usbut our wives” (Apol. 39). Dit beteken geensins dat Christene nou volmaak was nie, maar Christene as ‘n geheel het na ‘n seksuele etiek soos ons dit in die Bybel kry, gestreef – en dit het hulle anders gemaak.

 

Hierdie het natuurlik geweldige implikasies vir Christene vandag. Christene leef steeds in ‘n kultuur waar seksuele etiek feitlik nie meer bestaan nie. Ons is in dieselfde bootjie as die vroeë Christene. Dit herinner ons dat Christene nie met die veranderde seksule norme in ons kultuur moet saamgaan nie. Dit is nie alleen teenstrydig met wat die Bybel ons leer nie, maar ontneem ons van  ‘n groot geleentheid om te getuig. Die huwelik weerspieël God se liefde vir die kerk. Christene se toewyding aan hulle huwelike is ‘n manier om God se liefde te verkondig.

 

Die Christelike geloof het in die vroeëre Grieks-Romeinse konteks oorwin, nie omdat dit dieselfde as die omliggende heidense kultuur was nie, maar omdat dit anders was.