Hoekom sing ons?

If a man tells me that he is humble, I know him to be profoundly proud. —C.H. Spurgeon

Hoekom sing ons?

Hoekom sing ons Sondae in die kerk? Is dit net ‘n warmmaakoefening vir die preek of is dit ‘n tyd waar ons met mekaar deel? Sing ons om ons goed te laat voel voor ons by die ernstige sake – die preek – kom?

Paulus sê in Kolossense 3:16: Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Ons sing psalms, lofgesange en ander geestelike liedere met dankbaarheid vir God in ons harte – die Woord van Christus is in ons harte. Paulus sê nie ons moet sing om goed te voel of om ‘n emosionele ondervinding te hê nie – nie dat dit verkeerd is nie.