Hy het gered … hy sterf

Hy het gered … hy sterf

In Rigters 3:7 – 11 het ons die ideale siklus. In vers 7 aanbid Israel afgode. In vers 8 gee die Here hulle oor in die hande van hulle vyande wat hulle onderdruk het. In vers 9 laat God ‘’n redder vir Israel na vore kom. Dan gee HY die vyandige koning oor in die hande van Otniël. Otniël verslaan die vyand. Uiteindelik het die land vrede. Hier is twee stellings wat uitstaan:

  1. Hy red hulle (vers 9). Herstel en herlewing kom net na Israel as God deur sy verkose redder werk. Die vrede om God te dien in plaas van slawe van afgode te wees, kom net deur God se verlossende optrede. Ons kan nie herlewing forseer of fabriseer nie. Ons kan net na God uitroep om te red.
  2. Die episode eindig nie met vrede nie, maar met die dood: toe is Otniël seun van Kenas dood. Verlossing en vrede berus by die leierskap van God se rigter. Otniël was ‘’n goeie rigter; die vrede is ‘’n werklikheid, maar dit kan nie onbeperk voortduur nie. Otniël sterf’. Siklusse van herlewing in die geskiedenis van die kerk duur ook nie vir altyd nie – dit is tydelik. Vir permanente herstel en oneindige vrede het God se mense ‘n leier nodig wat nie sterf nie. Wat ons nodig het, is die Een wat sê: Ek was dood en kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid (Openbaring 1;18). Die 40 jaar van vrede wat Otniël gebring het voor hy gesterf het, maak dat ons Jesus moet dank vir die ewige vrede wat Hy bring – selfs na sy dood.