Iets beter as reëls

Iets beter as reëls

Simson se vader wys ook geloof. Hy vra dat die Here die man van God weer na hulle moet stuur (Rigters 13:8). Hoekom? Ðat hy ons kan leer wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word. Manoag aanvaar dat die belofte waar sal word – ‘’n seun sal gebore word. Hy bid nie vir bewyse dat ‘’n seun gebore sal word nie, maar vir hulp oor hoe hulle hom moet grootmaak.

God verhoor Manoag se gebed en stuur die engel terug.

Maar hoekom sou die engel van God teruggekeer het as hy geen nuwe inliging het om te ge nie? Manoag het gebid vir hulp, maar dit is oënskynlik geïgnoreer. Manoag het die hulp gekry wat hy nodig gehad het hy vra; Hoe moet die kind hom dan gedra en wat moet hy doen? (13:12). Die Here wil hulle nie nog reëls en regulasies gee nie. Die Engel van die Here is waarskynlik die Seun van God. God openbaar aan Manoag wie Hy is – sy Naam is te wonderlik om uit te spreek (13:18). Dit verwys Manoag na God se heerlikheid. Dan doen die Here ‘’n verbasende ding: die vlam het van die  altaar opgegaan hemel toe en die engel van die Here het in die altaarvlam opgestyg. Manoag en sy vrou het dit gesien en hulle het platgeval op die grond. Manoag besef dat hê en sy vrou sou sterf. Want ons het God gesien.  Hy ken sy volk se geskiedenis om te weet dat niemand God se gesig kan sien en bly leef nie. Sy vrou bly kalm: as die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie die brandoffer en graanoffer van ons aangeneem het nie.  Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike ding laat sien het nie en ons vandag hierdie nuus meegedeel het nie. Geloof betelken nie die afwesigheid van denke nie, maar dit is dink en optree op die basis van God se woord en sy beloftes.

 

In reaksie op hulle vraag oor hoe hulle hul seun moet grootmaak – hoe om op sy manier te leef en Hom tevrede te stel  – sê die Here: “ julle moet Ek en my karakter ken meer as enige inligting. Al die reëls van die wêreld sal julle nie rigting gee in die besluite en keuses wat julle oor julle seun sal moet maak nie. Net ‘’n diepe verstaan van wie Ek is gee aan julle die leiding wat julle nodig het.’

Ons sal sien dat Simson se lewensverhaal en Manoag se pogings om die Engel te manipuleer vêr tekortskiet – hulle het nie God se karakter aan hulle seun gewys en verduidelik nie. God se boodskap aan hulle is ‘’n les vir ons almal. Ons dink ons het reëls nodig, maar ons moet God ken. God gee nie en sal ook nie vir ons ‘’n handboek vir elke moontlikheid of twyfel of besluit gee nie. Hy gee vir ons iet beter – Hy gee Homself.