20100911b-Landscapes-5.jpg_MG_0340.jpgUntitled-31.jpg_MG_0196.jpg20100905-Landscapes-1.jpgIMG_0200.jpg20100911-Landscapes-6.jpgUntitled-17.jpg_MG_0186.jpg_MG_0116.jpg_MG_0377-Edita-3.jpgUntitled-2.jpg_MG_0721f.jpg_MG_0437-Edit.jpg20100424-_MG_0047.jpg_MG_0137.jpgUntitled-20.jpgUntitled-23.jpg_MG_0126.jpg_MG_0133.jpg20100909-Landscapes-2.jpg20100323-_MG_0125.jpgUntitled-19.jpg_MG_0235a.jpg20100910-Landscapes-3.jpgUntitled-22.jpgUntitled-10.jpgsmall personal (2 of 4).jpg_MG_0340a.jpgUntitled-7.jpgsmall personal (2 zof 4).jpgUntitled-24.jpg_MG_0235.jpg_MG_0464.jpg_MG_0069-2a.jpg_MG_0a464.jpgUntitled-9.jpg_MG_0042-2-Ediat.jpgUntitled-12.jpgUntitled-6.jpgUntitled-14.jpg_MG_0148.jpg_MG_0019.jpg_MG_0108a.jpgsmall personala (1 of 4).jpg_MG_0026a-Edit.jpgscan 026.jpg_MG_0031-1.jpgsmall personal (3 of 4).jpgUntitled-11.jpg_MG_0066-Edit.jpg_MG_0052a.jpgIMG_02001.jpg_MG_0116a.jpg_MG_0108.jpg_MG_0026-Edit.jpg_MG_0663.jpgUntitled-18.jpg_MG_0228.jpg_MG_0079-2.jpgIMG_0428.jpg_MG_0292.jpg_MG_0377-Edit-3.jpg_MG_0001-3a.jpg_MG_0112.jpg_MG_0115.jpgsmall personal (1 of 4).jpgUntitled-30.jpgUntitled-29.jpg_MG_0641a.jpg_MG_0021.jpgUntitled-1.jpg20100911a-Landscapes-6.jpg_MG_0001-3.jpg_MG_0083.jpg20100909-Landscapes-s.jpg20100421-Flower-1.jpg_MG_0128.jpg_MG_0388.jpgUntitled-5.jpgUntitled-13.jpg_MG_0252a.jpg_MG_0037.jpgUntitled-21.jpg_MG_0679a.jpg20101013-_MG_0177.jpg_MG_0252.jpgsmall personal c(3 of 4).jpg20100906-landscape-2-2.jpgUntitled-27.jpgIMG_0131.jpgUntitled-28.jpg_MG_0042-2-Edit.jpg_MG_0083a.jpgUntitled-25.jpg_MG_0148a.jpg20100911a-Landscapes-5.jpgUntitled-8.jpgUntitled-4.jpg_MG_0034.jpgUntitled-15.jpg_MG_0388a.jpgUntitled-3.jpg_MG_0205-Edit.jpg_MG_0069-2.jpg_MG_0097.jpgsmall personal (4 oaf 4).jpg20100910-Landscapes-4.jpgsmall personal (4 of 4a).jpg_MG_0392.jpg20100911-Landscapes-5.jpg_MG_0341.jpgUntitled-16.jpgsmall personalz (1 of 4).jpgsmall personal (4 of 4).jpgUntitled-26.jpg_MG_0392a.jpg20100906-landscape-1-2.jpg_MG_0641.jpg_MG_0052.jpgtopnav_bg_grey.gif_MG_0112a.jpg
Share

Tye van Onkunde - Francois Malan

Jan vra: 

Hand 17: 30 sê: God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan alle mense oral dat hulle hul moet bekeer. Na watter "tye van onkunde" word hier verwys in die lig van 1 Petrus 3: 19 nl: in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag. Die lot van die gevalle engele is bekend. Tog was al die mense nie gevalle engele nie en ek wonder wat het van hulle geword het dws nadat hulle in die vloed omgekom het? 1 Petrus 4: 6 sê: Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees. Ek verneem graag wat die konteks van hierdie onderwêreld gebeure is, asseblief? Groete Jan Smith

Antwoord:

Prof Francois Malan antwoord:

1 Tye van onkunde

Die tye van onkunde in Hand.17:30 sluit aan by die Grieke van Atene se godsdienstigheid (17:22) met ‘n altaar ‘aan ’n onbekende god’, wat hulle aanbid ‘sonder om daarvan kennis te hê’ (letterlik: ‘as onbekende’ aanbid; 17:23). Daarop verkondig Paulus aan hulle die Skepper-God, wat alles onderhou, en wat al die nasies uit een mens gemaak het met die doel dat hulle Hom sal soek om Hom te dien. Hom sal ons nie vind by beelde wat maar bloot menslike skeppings is nie (17:24-29).

Al die heidense pogings met afgodsbeelde en tempels en altare word dan saamgevat as ‘onkunde’ (vgl. ook Petrus en Paulus se beoordeling van die Jode in 3:17 en 13:27). Oor die menigte afgodsbeelde van die hooggeroemde Griekse kultuur het Paulus baie verontwaardig geword (17:16). Vir die Grieke in Korinte skryf hy later, die Grieke soek wysheid, en vir hulle is die gekruisigde Christus onsin, maar wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense (1Kor.1:22-25).

Dat God die eeue van heidense onkunde, ‘die tye van onkunde’, oorgesien het, dit buite rekening laat, beteken nie dat hulle onskuldig voor God is nie. In Romeine 1:20-23 skryf Paulus aan die Griekssprekendes in Rome dat deur die heidene se gebrek aan insig, hulle in die duister bly. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas, en sonder verontskuldiging. God openbaar sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid probeer onderdruk deur hulle ongeregtigheid (Rom.1:18). Die toorn van God bestaan daarin dat God hulle aan hulleself oorgee om te doen wat hulle wil, aan hulle verdraaide opvattings, aan die drange van hulle hart, en aan sedelike onreinheid, sodat hulle doen wat onbetaamlik is en hulleself vernietig (Rom.1:24,28).

Maar nou roep Hy al die mense oral om hulle te bekeer (Hand.17:30). Die Griekse woord vir ‘bekering’ (metanoia) behels ‘n verandering van jou lewenswyse as gevolg van ‘n algehele verandering van jou gedagte en ingesteldheid teenoor God, sonde en geregtigheid voor God. God het ook ‘n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur Jesus Christus wat Hy uit die dood laat opstaan het (17:31).

Die drie tye word na mekaar genoem: tye van onkunde van die verlede, die huidige tyd van bekering, en die toekomstige dag van oordeel.

2 1 Petrus 3:19

Deur die eeue is verskillende verklarings vir die twee Petrus-tekse, 3:19 en 4:6, gegee. Die volgende lyk die mees duidelike en aanvaarbare te wees. Die twee tekse word met mekaar op 5 punte vergelyk om aan te wys dat hulle van verskillende sake praat. Eers 3:19:

2.1.1 Prediker: volgens v18 is dit Christus wat as mens doodgemaak is en deur die Gees lewend gemaak is wat die aankondiging maak.

2.1.2 Wanneer: dit is onseker of dit voor die opstanding was, d.w.s. tussen Goeie Vrydag en Paasmaandag, of na die opstanding op Paasmaandag. In elk geval doen Christus dit as oorwinnaar oor die dood .

2.1.3 Wie is die ‘geeste’ vir wie Hy gepreek het? Volgens v20 was hulle ongehoorsaam, toe God groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het, en net die 8 in die ark gered is. Dit gaan oor Noag se ongelowige, onbekeerlike tydgenote, wat ‘n voorbeeld van onbekeerlikheid geword het (vgl. bv. Jerusalem se onbekeerlikheid in Matteus 24:37-39). Dat ‘geeste’ verwys na mense blyk o.a. uit 4:6 wat praat van mense wat in die gees by God is. Hier in 3:19 egter van mense wat nie gelowiges was nie.

2.1.4 Waar is die mense wat die prediking gehoor het nou? In die gevangenis. Volgens Lukas 16:22-31 se gelykenis van die arm man en Lasarus, het die engele die arm Lasarus na sy dood weggedra na die ereplek langs Abraham (Lukas 16:9 praat van die ewige wonings, en Lukas 23:43 van die paradys), terwyl die ryk man in die doderyk (hades) in pyn verkeer het.      

1 Petr.3:19 sê Christus het deur die Gees na die gevangenis gegaan. Dit beteken dat Hy in die doderyk was (vgl. Hand.2:27), en daar sy oorwinning oor die dood aangekondig het.

2.1.5 Die effek van Christus se prediking in die gevangenis: Hy kondig sy oorwinning oor die dood aan, nie as goeie nuus vir die ‘geeste’ in die gevangenis nie, maar as ‘n bevestiging van sy oorwinning oor die sonde en die dood van Hom na wie hulle nie wou luister of glo, toe Noag, en ná hom al die profete, die woord van God na hulle toe gebring het nie. Die woord vir ‘aankondig’ (kerussoo) verwys na ‘n boodskapper wat ‘n offisiële aankondiging doen (dit is nie die woord euangilizoo wat gebruik word om die goeie nuus aan te kondig nie).

Die hele gedeelte is bedoel om die gelowiges in die klein gemeentes wat verspreid in die noorde van Klein-Asië bly en deur hulle eie mense verdruk word, te motiveer om ‘as dit die wil van God is dat julle moet ly dit sal wees wanneer julle goed doen en nie wanneer julle kwaad doen nie’ (3:17), en om steeds gereed te wees om getuienis vir Christus, ons verlosser en die heerser oor die heelal, af te lê in die hoop en verwagting dat ons saam met Hom in die hemel sal ingaan (3:15,21).

3 1 Petrus 4:6

3.1 Prediker: Vers 6 sê nie wie die evangelie verkondig het nie (euangelizoo goeie nuus verkondig), maar is waarskynlik die mense wat volgens 1:12 aan hulle die goeie nuus gebring het (euangelizoo).

3.2 Wanneer: Die evangelie is in die verlede aan hulle verkondig (euangelizoo staan in die verlede tyd), waarskynlik voor hulle dood.

3.3 Wie is dit wat nou dood is? In die lig van vers 5 se ‘lewendes en dooies’ wat geoordeel sal word deur Christus, is dit mense, wat gesterf het nadat hulle reeds voor hulle dood die evangelie aangeneem het.

3.4 Waar is die mense wat dood is nou? Vers 6 sê hulle lewe in die gees by God (NAV soos God). Terwyl hulle as mense geoordeel was - die werkwoord verwys na ‘n oordeel wat in die verlede geskied het, toe hulle gesterf het, want die dood is deel van God se ‘n oordeel wat alle mense ondergaan - is hulle lewe in die gees in die teenwoordige tyd wat steeds aangaan, in hierdie lewe (2:24) en ook na die dood, om ‘in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid’ (5:10).  

3.5 Die effek van die evangeliste se prediking van die evangelie: selfs hulle wat gesterf het nadat hulle die evangelie aangeneem het, hou aan lewe na die gees na/soos God (letterlik: by God).

Dit word gesê sodat die gelowiges nie verbaas sal wees dat die heidene hulle beswadder en van godslastering beskuldig (blasfemeoo) omdat hulle nie meer die afgode saam met hulle dien nie (4:3-4).

 

Skrywer: Prof Francois Malan

Joomla templates by a4joomla