Is die Bybel nog relevant?

 

Once you label me you negate me. -Soren Kierkegaard, filosoof (1813-1855)

Is die Bybel nog relevant?

Dit word beweer dat meer mense ‘n Bybel besit as enige ander boek, maar min mense lees werklik hulle Bybels. Beteken dit dat die Bybel vandag nie meer relevant is vir mense nie? Nee, die Bybel is beslis nog relevant. Hier is ‘n paar redes daarvoor:

  • Die Bybel verduidelik hoe ons hier gekom het

Ons het nie sommer per ongeluk op die toneel verskyn nie. Ons het ‘n Skepper – die ewige God. Hy het die eerste mense gemaak en ons is afstammelinge van hulle.

 

  • Die Bybel verduidelik vir ons wat God gedoen het om ons te bereik selfs nadat die mense gesondig het en in opstand teen God gekom het

Ons was van God geskei. Hoekom? As gevolg van ons sonde. God kon toegelaat het dat ons vir ewig verlore gebly het. Maar Hy kom agter ons aan deur sy enigste Seun, Jesus Christus, te stuur om ons te red. Jesus se kruisdood het ons weer met God versoen.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons ons Skepper tevrede kan stel en sy doel vir ons lewens bereik

Hoe moet ek optree sodat ek nie vir God teleurstel nie? Die antwoord op hierdie vraag kry ons in die Bybel. God wil hê dat ons sy wil vir ons lewens moet ken. Daarom het Hy vir ons die Bybel gegee. In die Bybel kry ons God se boodskap van genade en vergifnis vir sy mense. Daar lees ons ook dat God ons toerus om ander op allerhande praktiese maniere te dien.

  • Die Bybel vertel vir ons hoe God ons hart na teleurstelling kan genees

Op een of ander stadium sal almal van ons hartseer ondervind. En net ons Skepper kan ons weer genees. Berading kan nooit die genesing diep in ons bewerk wat God kan doen nie. As jou hart stukkend is, moet jy dit reg kry – God is die groot Geneser.

  • Die Bybel verduidelik hoe ek vervulling in verhoudings kan kry

Een van die groot uitdagings in die lewe is om sterk en gesonde verhoudings te handhaaf. Daar is baie redes waarom ons misluk – die grootste is waarskynlik ons eie selfsug. Dit maak dit soms vir ons baie moeilik om volledig met ander te verbind. Die Bybel leer vir God se mense hoe om hierdie verbintenisse te maak – op so ‘n manier dat dit liefde, vrede en eenheid bevorder. Die Bybel is die beste handboek oor verhoudings wat nog ooit geskryf is.

  • Die Bybel beskryf hoe ek krag kan kry as ek swak voel

Sommige mense glo dat as ek ‘n verhouding met God het ek nooit swaarkry sal ondervind nie. Dit is net eenvoudig nie die geval nie. Almal van ons gaan deur tye van ontmoediging, swakheid en moegheid. Die Bybel wys vir ons hoe God se krag ons bemagtig al voel ons ook hoe swak.

  • Die Bybel verduidelik hoe ons die ewige lewe kan kry

Meeste mense wil vir ewig in die hemel woon. Diegene wat nie in die hemel glo nie, wil iewers in ‘n gelukkige plek bly – vir ewig. Ons is geskep om vir ewig by God leef. Deur geloof in Jesus Christus kry ons hierdie gawe van die ewige lewe. Die Bybel wys vir ons duidelik die pad aan.

Hiermee kan ons begin insien dat niemand meer relevant as God is nie en geen boek meer relevant as die Bybel is nie. Miljoene boeke is al geskryf, maar net die Bybel gee vir ons die verklaring van ons lewe op aarde sowel as lewe aan die ander kant van die graf. Leer relevansie van Hom wat die boek daaroor geskryf het.