Is die Bybel voldoende en noodsaaklik? (4)

We should begin to pray before we kneel down and we should not cease when we rise up. —C.H. Spurgeon

Is die Bybel voldoende en noodsaaklik? (4)

Die tyd van openbaring is afgesluit – die volle Skrif is die finale en noodsaaklike openbaring van God. Protestante erken wel respek vir tradisionele onderrig.

  1. Wat alle bekwame lesers van die Bybel beskou as sy betekenis, moet sy betekenis wees.
  2. Die belofte dat die Heilige Gees mense sal lei in kennis van die waarheid – wat hulle onder leiding van die Heilig Gees glo, moet waar wees.

Hierdie siening moet van dié van die Rooms-Katolieke Kerk se siening – die onfeilbare tradisie as byvoeging tot Skrif – onderskei word.

Hierdie siening van die Protestante word deur Wesley se vierkant uitgedaag. Wesley beskryf vier bronne wat nodig is om die Skrif te verstaan: die Skrif self, tradisie, die gelowige se ondervindings en die menslike rede. Wesley (die Metodiste) beklemtoon dat die Skrif die belangrikste is, want dit bevat alles wat nodig is vir die verlossing van die mens.

Sekere charismatiese bewegings maak aanspraak op direkte leiding deur die Heilige Gees en voortdurende  goddelike openbarings deur gawes soos profesie en wysheid. Hulle glo dat dit ‘n dieper waardering van wat reeds geopenbaar is, is.

Wayne Gruden se toepassing van die leer van die Skrif se voldoendenheid en noodsaaklikheid maak dit duideliker:

  1. 1.Ons word bemoedig deur die wete dat alles wat God vir ons wil vertel oor spesifieke leerstellings en oor Homself kan ons in die Skrif kry.
  2. 2.God verwag nie van ons om enigiets oor Homself of sy verlossingswerk te glo wat nie in die Skrif gevind kan word nie.
  3. 3.Niks is sonde wat nie deur die Skrif – eksplisiet of per implikasie – verbied word nie.
  4. 4.God verwag niks van ons wat nie deur die Skrif verwag word nie – eksplisiet of per implikasie.

In ons huidige samelewing kry ons veral twee groepe as dit ons kyk na die vraag: Is die Skrif voldoende en noodsaaklik?

  • Integrasioniste – hulle integreer Bybelse onderrig oor die mens, kerk, leierskap, prediking ens met die beste insigte van sekulêre sielkunde, sosiologie, demografiese studies, sekulêre leierskapsbeginsels, kommunikasie tegnieke, ens.
  • ‘n Tweede groep wat glo dat die Bybel voldoende en noodsaaklik is. Hulle skakel enige integrasie van Bybelse waarhede met kennis verkry deur mense uit.

Daar heers dus groot onsekerheid vandag.