Is Kersfees ‘n heidense fees?

It is not the strength of your faith but the object of your faith that actually saves you. —Tim Keller

 Is Kersfees ‘n heidense fees?

Hierdie is ‘n vraag wat jaarliks weer na vore kom. R. C Sproul antwoord soos volg:

Daar is geen direkte Bybelse opdrag om Jesus se geboorte op 25 Desember te vier nie. Daar is niks in die Bybel wat aandui dat Jesus op 25 Desember gebore is nie. Op 25 Desember was daar ‘n heidense vakansiedag in die Romeinse Ryk. Die Christene wou nie aan daardie vakansiedag deelneem nie. Hulle besluit dus dat terwyl ander mense aan hierdie heidense vakansiedag deelneem, hulle hulle eie fees gaan vier – ons gaan dit wat die belangrikste in ons lewe is, vier. Dit was vir hulle die menswording van God – die geboorte van Jesus Christus. Dit is dus ‘n tyd vir ‘n vreugdefees.

 

I can’t think of anything more pleasing to Christ than the church celebrating his birthday every year.—R.C. Sproul. Ons moet onthou dat die hele beginsel van jaarlikse feeste diep in die ou Joodse tradisie ingebed is. In die Ou Testament was daar tye wat God opdrag gegee het dat sy mense sekere gebeure moes onthou. Dit is deur jaarlikse feeste gedoen. Die Nuwe Testament vereis nie dat ons elke jaar Kersfees moet vier nie, maar daar is tog sekerlik niks verkeerd vir die kerk om Jesus Christus se geboorte met vreugde te vier nie. Die menswording van Jesus is immers die skeidingspunt in die geskiedenis. Oorspronklik was dit nie bedoel om een of ander god te vereer nie, maar die geboorte van ons Koning.

Sproul sê hy kan nie glo dat om die geboorte van Jesus te vier God se toorn sal veroorsaak nie. Moet ons nie meer jaarlikse feeste hê nie? Die Rooms Katolieke Kerk vier elke jaar met groot vreugde die hemelvaart van Jesus Christus. Dit is immers die dag toe Jesus na die hemel opgevaar het om as Koning gekroon te word. We celebrate his birth; we celebrate his death. I wish we would also celebrate his coronation.