Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51)

Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51) – Francois Malan

Wat hulle wel van Jesus ‘gesien’ het, en ken, is dat hulle sy pa en ma ken, gewone mense. Hoe kan Hy beweer Hy kom uit die hemel? Vir hulle sluit sy bekende aardse herkoms sy hemelse afkoms uit. So kan die Messias tog nie verskyn nie, so gewoon, so nederig, so verklaarbaar egte mens. Hier is weer die tipiese misverstand van die ongeloof, wat telkens in hierdie Evangelie opduik. Die menswording van die Seun van God was en bly die groot struikelblok vir die Jode, vandag nog. Maar nie net vir die Jode nie.

Die mens se verantwoordelikheid word voorop gestel, ingelei met ‘voorwaar, voorwaar’ om die erns en sekerheid daarvan aan te dui. In die geloofskeuse vir Jesus word die welbehae van die Vader voltrek. Jesus is die ewige lewe (14:6). In die geloof gee die gelowige sy selfhandhawing prys en werp homself slegs op God vir sy behoud, nie op menslike moontlikhede nie.

Op grond van sy uitspraak in vers 47 oor geloof in Hom, herhaal Jesus sy uitspraak wat aanstoot gegee het (v41). Daarmee word die volgende verse ingelei oor hoe in Jesus geglo moet word, en wat die ewige lewe inhou.

Jesus kom terug op die Jode se argument in v31. Hulle voorouers het wel in die woestyn God se manna geëet, waarmee hulle liggaamlik gevoed is, maar dit het geen uitwerking gehad op die lewe na die dood nie. Hulle het almal gesterwe.

offer gaan gee vir die lewe van die wêreld – Hy gaan sterf sodat die wêreld mag lewe (10:11,15; 11:51,52).  Johannes  6:4 plaas hierdie gesprek in die tyd van die paasfees van die Jode met die slagting van hulle paaslammers, en Jesus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (1:29). 

 

Skrywer: Prof Francois Malan