Jesus Christus werk in my

 

Jesus Christus werk in my

Jonathan Edwards gebruik 1 Johannes 4 om aan te toon dat alle ware werke van Christus sekere eienskappe in gemeen het:

 

  • ’n Hoë agting vir Christus.
  • Die omverwerping van Satan se koninkryk in ons harte.
  • Toewyding aan God se woord – die Skrif.
  • Die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat ons van die waarheid en die werklikheid van die ewige lewe en die erns van ons sondes oortuig.
  • Liefde vir God en mens.

Maar wat beteken dit nou vir ons lewe vandag? Mense wat so ‘n ervaring gehad het, identifiseer ‘n paar dinge wat gebeur het.

Hulle word bewus van hulle ongeloof. Die rede is gewoonlik God se woord wat met oortuiging verkondig word. Hierin speel die krag van die Heilige Gees ‘n groot rol.

‘n Kragtige begeerte om van alle sonde los te kom. Daar is ‘n begeerte dat sonde toenemend geopenbaar sal word, sodat dit bely, vergewe en skoongemaak kan word.

‘n Nuwe liefde vir God se woord – om dit te lees, te hoor en toe te pas. Jy wil graag God se wil ontdek, want jy wil dit toepas.

‘n Liefde vir ander – deernis vir ander.

Dit is wat met ons gebeur as Jesus Christus in ons lewens werk.