Jesus deur die Hoëpriester ondervra en drie maal deur Petrus verloën (18:12-27)

Jesus deur die Hoëpriester ondervra en drie maal deur Petrus verloën (18:12-27) – Francois Malan

18:12-14 Die kommandant (letterlik:owerste oor duisend) laat Jesus arresteer en boei as ‘n misdadiger. Hulle neem Hom eers na Annas vir ‘n voorverhoor (wat nie in die Sinoptiese Evangelies genoem word nie).

 

18:15-16 By die hoëpriesterkompleks word Petrus en die ‘ander dissipel’ in die binnehof toegelaat. Wie die ‘ander dissipel’ was, is onbekend. (sy bekendheid by die hoëpriester pas nie by die visser Johannes uit Galilea nie. As die ‘geliefde dissipel’ nie Johannes was nie, kon hy dalk die ‘ander dissipel’ gewees het, wat miskien die Evangelie geskryf het, soos baie teoloë dink. Johannes laat ons egter in die duister oor ‘n paar name, o.a. 19:34 die soldaat wat die spies in Jesus gesteek het,die ander twee dissipels van 21:2, en die ‘geliefde dissipel’).

18:17 Slegs Johannes sê dat die slavinnetjie, wat vir Petrus gekonfronteer het, die poortwagter was. Petrus verloën eintlik sy eie dissipelskap van Jesus, maar daarmee indirek vir Jesus (13:38). Die slavin se vraag het die opening vir Petrus gelaat: Jy is tog nie een van hierdie man se dissipels nie? suggereer ‘n negatiewe antwoord. Petrus se swakkeling-antwoord ‘Ek is nie’ (ouk eimi) staan in skerpe kontras met Jesus se vreeslose ‘Ek, Ek is’ (egoo eimi,18:5). Petrus se toets het anders begin as wat hy hom voorgestel het met sy brawe uitspraak in 13:37 en met sy konfrontasie met die skare soldate en wagte (18:10). Hy faal egter die toets deur ‘n onskuldig-klinkende vraag van ‘n nederige slawemeisie.

18:18 So onopsigtelik moontlik skaar Petrus hom by die slawe en diensknegte se houtskoolvuur in die lente-koue. Deur hom met die hoëpriester se diensknegte te assosieer kruip hy weg vir enige verband met die Gevangene.

verlei (13:6). ‘n Valse profeet verdien die doodstraf (13:5,9) volgens hulle wet. Annas lok Jesus uit om Homself te inkrimineer. Maar Jesus sien deur sy poging en verklaar dat Hy met die mense (letterlik: die mensewêreld) in die openbaar en met vrymoedigheid gepraat het, nie om mense te verlei om ander gode te volg  nie. Reeds in 7:12,47 het van die Jode gesê Hy verlei die mense.   

18:25-26 Terwyl Jesus geboeid maar vreesloos voor die hoëpriester vir die reg opkom, maak Petrus sy hande warm by die vuur van die diensknegte van die hoëpriester. Soos met die slavinnetjie het hulle vraag ook die opening vir Petrus gelaat: Jy is tog nie een van hierdie man se dissipels nie? Die vraag suggereer ook ‘n negatiewe antwoord. Petrus se tweede verloëning van sy dissipelskap, en daardeur vir Jesus, is weer: Ek is nie.

 

Skrywer: Prof Francois Malan