Jesus het die wêreld klaar oorwin (16:25-33)

Jesus het die wêreld klaar oorwin (16:25-33) – Francois Malan

16:26-27 Jesus se opstanding lei ‘daardie dag’ in, waarop ‘n nuwe verstaan van sy openbaring begin, en die nuwe vrymoedigheid en effektiwiteit van gebed in sy Naam, namens Hom, op grond van wat Hy vir ons gedoen het, en deur ons eenheid met Hom (16:23-24). Hier lê die klem op die gemeenskap met die Vader, vir wie hulle sal ken as een met Jesus (lote in die ware wingerdstok). Die Vader hoor hulle gebede, want Hy het hulle self lief. In 15:13-15 het Jesus hulle sy vriende genoem, in sy vriendekring opgeneem. Hier sê Jesus, sy vriendekring is ook die Vader se vriendekring (die woord fileoo praat van liefde onder vriende). Die Vader het ons lief, omdat ons deel is van Jesus se vriendekring, mense wat aan Jesus met liefde verbind is.

16:29-30 Vir die dissipels is dit nou duidelik dat Jesus alles weet van die verhouding tussen God en die mens, van oordeel en verlossing, en van God se koningskap oor die skepping. Hulle begryp nou Hy praat nie in beelde as Hy sê Hy kom van die Vader en gaan na die Vader nie. Niemand hoef Hom of sy kennis met vrae te toets nie (soos hulle in 16:16-24 gedoen het nie). Hulle glo dat Hy waarlik van God af kom, nou dat hulle weet (oortuig is) dat Hy alles weet (vgl. 16:27 vir die Vader se liefde).

ontrou aan Jesus vir hulle duidelik word. Elkeen gaan net aan sy eie veiligheid dink en Jesus verlaat (Mark. 14:50). Die voorspelling van Sagaria 13:7 gaan nou in vervulling, en die skape gaan verstrooi word. Daarteenoor staan die getrouheid van die Vader wat Hom nie sal verlaat nie, en by Hom wees ook in sy diepste verwerping (vgl.8:29). 

 

Skrywer: Prof Francois Malan