Jesus in ons harte

Jesus in ons harte

J. D. Greear het ‘n interessante blog geskryf: Moet ons ophou om Jesus te vra om in ons harte te kom?

Hierdie verhale sê vir ons dat daar mense is wat op pad is na die ewige oordeel al dink hulle hulle is verlos. Hoekom gebeur dit? Baie mense glo hulle ewige bestemming word bepaal as hulle Jesus in hulle lewe aanvaar het of die sondaar se gebed gebid het. Baie van hulle lees daarna selde die Bybel, bid net as dinge skeefloop en woon nie eredienste by nie. Is dit nie die mense van Matteus 7:21 nie?

Verlossing is bekering en geloof in die voltooide werk van Jesus Christus. Dit is iets wat ons voortdurend doen. Ons het nie een maal geglo nie – ons glo voortdurend. Paulus sê dat ons die vryspraak deur geloof kry (Romeine 4:5).

Natuurlik is dit nie sonde om te vra dat Jesus in jou hart moet kom bly nie. Verlossing is egter meer as dit.