Jesus is die Christus (7:25-31)

Jesus is die Christus (7:25-31) – Francois Malan

Jesus weet wat die mense oor sy afkoms sê, maar net Hy ken sy ware afkoms. Hy is gestuur deur ‘ware God’ (letterlik: die Ware/Getroue) – wat die waarheid is en die waarheid doen. Die Jerusalemmers ken nie die ware God en sy werkwyse nie. Hulle oordeel op die oog af (7:24) met hulle verdraaide kennis van God.

Daar is weer ‘n gemengde reaksie op Jesus se aanspraak dat Hy deur God gestuur is: (i) Die Jerusalemmers wou Hom arresteer omdat Hy gewaag het om hulle idee oor God te verwerp. Maar hulle kon dit nie doen nie, omdat die tyd wat God daarvoor bepaal het nog nie gekom het nie (vgl. 17:1).

(ii) Uit die groot feesskare is daar egter baie wat in Hom geglo het. Hulle kon nie dink dat die Messias meer wondertekens kon doen as wat Jesus al gedoen het nie. Johannes vertel nie van baie wondertekens wat Jesus in Jerusalem gedoen het nie, maar die feesskare kom van oral af, en het van Jesus se wonders in Galilea gesien. Hulle glo in Jesus, maar dit is nog maar net wondergeloof, wat nie stand hou nie.

(7:32-36)

 

Skrywer: Prof Francois Malan