Jesus leer die mense ‘n paar lesse

image_pdfimage_print

 

There are no uninteresting things, only uninterested people – G.K.Chesterton

 

Jesus leer die mense ‘n paar lesse

Ons sien dat Jesus die mense ‘n paar belangrike lesse in Markus 2:13 – 22 leer.

  • Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars (2:17). Jesus maak hierdie opmerking nadat Hy vir Levi, ‘n tollenaar, geroep het om Hom te volg. Daarna eet Hy met ‘n groep tollenaars en sondaars. Dit het die Fariseërs en skrifgeleerdes ontstel: hoe kon Hy so iets doen? Dit is toe dat Jesus vir hulle sê dat gesonde mense nie ‘n dokter nodig het nie. Jesus het gekom vir sondaars.
  • Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? (2:19). Die mense wou weet waarom sy dissipels nie vas nie. Die volgelinge van Johannes en van die Fariseërs vas almal. Daar was geen rede om te vas terwyl Jesus by hulle was nie. Die Fariseërs het ‘n swaar las van God se wet gemaak – ‘n las wat die mense nie kon dra nie. Jesus verander dit. Hy bring vreugde en nie hartseer nie.
  • Hy kom om die nuwe te bring en nie om die oue te lap nie. Die Fariseërs het waarskynlik gehoop dat Jesus die beste van hulle leer sal behou en dit dan kombineer met sy eie leer. Jesus sê egter dat jy nie ou klere met ‘n nuwe lap kan lap nie. Die nuwe lap het nog nie gekrimp nie en sal die klere net verder skeur (2:21 – 22). Jy plaas ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As die wyn dan gis, sal die sakke oopbars. Dan verloor jy die wyn en die velsakke. Wat Jesus gebring het, was ‘n nuwe skepping. Hy het alles nuut gemaak.

 

image_pdfimage_print