Jesus offer sy liggaam op

Jesus offer sy liggaam op

 

In sy bediening van drie jaar op aarde het Jesus gewys wat dit beteken om jou volkome aan God en ander te gee. Hy leer: So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste (Matteus 20:16); Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind (Matteus 10:39).

 

Jesus beloof nie wêreldse sekuriteit nie. Wat Hy wel sê, is dat diegene wat Hom wil volg, bereid moet wees om op te offer – selfs hulle eie lewens. Ons sê ons wil saam met Jesus loop, maar intussen klou ons vas aan dinge wat ons glo ons sekuriteit sal waarborg. Omdat ons nie ons greep op hierdie dinge los nie, ondervind ons nie die Vader se grenslose liefde nie.

 

Jesus vra van ons om ons tyd en energie en hulpbronne vir sy Naam en heerlikheid op te offer.