Jesus se belydenis

Jesus se belydenis

Een van hulle, ‘n wetsgeleerde, het Hom met ‘n vraag probeer vastrek. “Meneer, ”vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet” Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en eerste gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan, is ‘ jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. Matteus 22:35 – 40 (Matteus 22:35 – 40)

Jesus pas die Sjema van die Jode (Deuteronomium 6:4 – 9) aan deur Levitikus 19:18 by te voeg. Dit is duidelik dat geestelike vorming gaan oor die leifde vir God en vir ander. Die eerste beginsel van geestelike vorming is: hierdie persoon het God en ander lief. Geestelike vorming gaan oor verhoudings – met God en met ander. Weet ons hoe lyk ‘n persoon wat geestelik gevorm is?

Die Jood sê hardop ‘n belydenis as hy wakker word en voor hy gaan slaap. Hierdie belydenis kom uit Deuteronomium 6:4 – 9. Hierdie belydenis staan bekend as die Sjema –  dit begin so: Luister (sjema), Israel die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Dit is die Joodse belydenis vir geestelike vorming. Jesus het daarvan gehou en dit vir sy volgelinge aangepas.

DIt sê vir ons wat belangrik vir geestelike vorming is: die Here is ons enigste God, israel is deur God uitverkies en israel moet Hom liefhê. As die Jode volgens die Sjema leef, sal hulle geseënd wees. Die belydenis van die Jode is: jy moet God liefhê deur die tora uit te leef. Waar staan Jesus in die wêreld van Judaïsme?

As goeie Jood het Jesus daagliks die Sjema opgesê. Toe die wetsgeleerde Hom vra wat die belangrikste gebod is. Vir die Jood is dit dié vraag oor geestelike vorming. Hy vra na die geestelike middelpunt van Judaïsme.

Jesus antwoord die man deur die Sjema aan te haal, maar voeg by dat jy jou naaste moet liefhê. Hiermee vorm HY die geestelike middelpunt van sy volgelinge. Vir Jesus is liefde vir God en liefde vir ander die kern. Liefde is moeilik om te definieer – dit is onvoorwaardelike agting vir ‘n persoon wat jou gedrag vorm om daardie persoon te help om te word wat God verlang. Liefde as dit reg werk is beide emosie en wil.

Hierdie amendement van Jesus is nie net ‘n subtiele verandering nie. Dit vereis moed om by die Sjema iets by te voeg. Maar hierdie toevoeging openbaar die hart van Jesus se belydenis. Ons gaan nie sommer iets by die Apostoliese geloofsbelydenis voeg nie. Dit wys vir ons dat Jesus liefde vir ander as iets wat sentraal tot geestelike vorming staan, sien.

Die Sjema word ook persoonlik om God lief te hê, beteken dat ons vir Jesus volg. Jesus sê ir die man om Hom te volg.sodoendde stel Hy liefde vir God gelyk aan ‘n persoonlike verhouding met Jesus.

Samevatiing: geestelike vorming vir Jesus, as Jood, begin by die Sjema van Judaïsme. Maat Jesus hersien die Sjema op twee maniere:

  1. Om jou naaste lief te hê word bygevoeg tot die liefde vir God; en
  2. Liefde vir God beteken om Jesus te volg

Is dit nie tyd dat ons begin deur daaliks Jesus se belydenis te memoriseer en daagliks te herhaal nie? Sodoende word ons herinner aan wat ons Here van ons verwag. Dit herinner my daaraan dat wat ek tydens die dag doen gevorm moet word deur my liefde vir God en vir ander.

[Uit: Scot Mc Knight; The Jesus Creed.]