Jesus se gebed vir die dissipels (17:6-19)

Jesus se gebed vir die dissipels (17:6-19) – Francois Malan

weet nou uit oortuiging dat Jesus inderwaarheid van die Vader af kom (dit wat die Jode nie wou aanneem nie), en glo dat Hy  God se sending kom uitvoer – om God te openbaar en sy reddende Koningskap te kom vestig. Omdat hulle Jesus as Seun van God aangeneem het en in Hom glo, is hulle bevoorreg om kinders van God te wees (1:12). Weet en glo verwys na dieselfde saak: hulle weet dat Ek van U uitgegaan het, en hulle glo dat U My gestuur het. Verse 7&8 stel die wese van die gemeente: sy oorsprong is uit God wat hulle gekies het en aan Jesus gegee het as sy eiendom. Deur sy woord het Jesus hulle uit die wêreld geroep en in hulle die geloof gewek dat Hy deur God gestuur is. So word hulle ‘n gemeenskap wat van die wêreld geskei is, en in die kennis en geloof in God en Christus leef.

 

Prof Francois Malan