Jesus se toewydingsgebed (17:1-26)

Jesus se toewydingsgebed (17:1-26) – Francois Malan

wêreld (1:19-12:50), het Hy sy groepie vriende dieper  ingelei in die geheim van sy liefde vir hulle, tot die uiterste toe (13:1-16:33). In hoofstuk 17 laat Hy hulle deel word van sy gebedslewe. Hy laat sy vriende insit in sy intieme gesprek met sy Vader. In verse 1-5 gaan dit om sy verhouding tot sy Vader; in 6-19 bid Hy vir sy dissipels; in 20-26 bid Hy vir die hele kerk wat deur hulle getuienis tot stand gaan kom. [Cyrillis wat in 412 n.Chr. biskop van Alexandrië in Egipte geword het, het al gepraat van die ‘hoëpriesterlike gebed’, na aanleiding van die verklaring van Jesus as ons hoëpriester in Hebr.4:14 tot 8:6. Die benaming is in die 16e eeu deur David Chitreus van Rostok in Duitsland gebruiklik gemaak]. Baie van die temas in hoostukke 13-16 word hier herhaal.

17:3 Die ewige lewe word omskryf as ‘om die enigste ware God en sy gesant, Jesus Christus, te ken.’ Die Griekse woord ‘ken’ het die volgende aspekte: om te leer ken deur persoonlike betrokkenheid, om bekend te wees met, om te begryp en te erken. Die ewige lewe is ‘n persoonlike liefdesvriendskap met die ware God as die God vir wie ons lewe en as Vader wat vir ons sorg, en met sy Seun Jesus (as ons Verlosser uit die mag van sonde), die Christus (gesalf as ons Koning wat oor ons lewe heers met sy opofferende liefde).

 

Skrywer: Prof Francois Malan