Kategismus: Waarom was dit nodig vir die Verlosser om te sterf?

 

Kategismus: Waarom was dit nodig vir die Verlosser om te sterf?

Vraag:

Waarom was dit nodig vir die Verlosser om te sterf?

Antwoord:

Omdat die dood die straf vir sonde is, het Christus gewillig in ons plek gesterf om ons van die mag en straf van die sonde te verlos en ons na God terug te bring. Deur sy plaasvervangende en versoenende dood verlos slegs Hy ons van die hel en verkry vir ons vergifnis van sonde, geregtigheid en ‘n ewige lewe. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.

 

Skrifgedeelte:

Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel (Kolossense 1:21)

Kommentaar:

Die regverdige, liefdevolle Vader  het Homself verneder deur  in en deur sy Seun mens te word. Dit doen Hy om ons te verlos sonder dat Hy sy eie karakter kompromitteer. Die Bybelse evangelie van versoening is van God wat Homself tevrede stel deur Hom as plaasvervanger vir ons te gee. Die konsep van plaasvervanging  lê aan die hart van sonde en verlossing. Die kern van sonde is die mens wat God verplaas; die kern van verlossing is God wat die mens verplaas. Die mens stel homself  daar waar net God verdien om te wees.  God offer Hom vir die mens en plaas Homself waar die mens behoort te wees.. Die mens eis voorregte op wat aan God alleen behoort.  God aanvaar die straf wat net aan die mens behoort.

 

Hierdie kommentaar is deur John Stott (1921–2011), ‘n Engelse Anglikaanse prediker geskryf. Vir baie jare was hy die rektor van die  All Souls Church in London. Stott was een van die hoofopstellers van die Lausanne Covenant (1974). Sy veelvuldige boeke sluit in  Why I Am a Christian en The Cross of Christ (waaruit hierdie aanhaling kom).

Uit The Cross of Christ (Downer’s Grove: IVP, 1986), 159–160.

 

Gebed

O God die Vader, U het my nie gemaak net om my te vernietig nie. Wees my genadig. O God, die Seun,  wie u Vader se wil ken, het in die wêreld gekom om my te red. Wees my genadig. O God, die Heilige Gees,  wie vir dieselfde rede gereeld heilige gedagtes in my geasem het. Wees my genadig. O heilige en geseënde Drie-eenheid, wie se drie persone ek as een God aanbid – wees my genadig. Gee U nie om dat ek omkom nie? U wil tog hê dat alle mense gered moet word. Sal U nou u toorn teen ‘n wurm, ‘n blaar, uitstort? Teenoor ‘n damp wat voor U verdwyn? Onthou hoe kort my tyd is, en moenie my siel in die mag van die hel verlore laat gaan nie. Vergeet as ek ongehoorsaam was en U tot kwaadword gedryf het; sien my as ek in die nood is en tot U om hulp roep. Moenie na my as ‘n sondaar kyk nie, maar beskou my as u skepsel. Hoe toepaslik is dit vir U om na die wêreld toe te kom, want dit is U besigheid As ek daaraan dink dat ek die grootste sondaar is, kan ek nie verder by U aandring en sê: Moet die hoof van u besigheid dan onklaar bly? Wees my genadig! … Vader, aanvaar my onvolmaakte berou; bewys deernis met my tekortkominge; vergewe my boosheid; reinig my onreinheid; versterk my swakhede; genees my onstabiliteit; laat u goeie Gees vir ewig oor my waak; laat u liefde altyd in my hart heers, Dit alles deur die lyding en liefde van u Seun, met wie U altyd tevrede is. Amen.

 

Hierdie gebed is deur John Wesley (1703–1791) geskryf. Hy was ‘n Engelse prediker en teoloog. Hy, saam met sy broer Charles, was die stigters van die Engelse Metodiste beweging. Hy het meestal te perd gereis en het twee tot drie maal elke dag gepreek. Hy het meer as 40 000 preke gepreek. Hy was ook ‘n skrywer van liedere.

Hierdie gebed kom uit “Forms of Prayer: Friday Evening” in The Works of the Reverend John Wesley, Volume 6 (New York: J. Emory & B. Waugh, 1831), 397–398.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.