Klein keuses, groot gevolge

 

Half of the harm that is done in this world is due to people who want to feel important. They don’t mean to do harm but the harm does not interest them. -T.S. Eliot, digter (1888-1965)

Klein keuses, groot gevolge

‘n Ruk later het Simson verlief geraak op ‘n vrou in die Sorekvallei. Haar naam was Delila (Rigters 16:4).

Dit lyk asof Simson uitverkore was. ‘n Engel het sy geboorte aangekondig en sy ouers beveel om hom as ‘n Nasireër, ‘n persoon vir God afgesonder, groot te maak. Dit beteken hy mag nie wyn drink nie, hy mag nie sy hare sny nie en hy moet wegbly van lyke. Sy ouers het God en hulle seun liefgehad. Sy lewensdoel was om te begin om Israel van die Filistyne te bevry. Hierin het sy ongelooflike krag hom gehelp.

 

 Maar sy bevoorregte agtergrond het nie outomaties beteken dat hy morele integriteit sou hê nie. Hy neem deel aan aktiwiteite wat hy en sy ouers onderneem het dat hy nie sou doen nie. Hy eet heuning uit die karkas van ‘n leeu. Sy optrede teen die Filistyne word dikwels deur persoonlike vendettas aangevuur. Ergste van alles: hy het blykbaar ‘n onversadigbare aptyt vir Filistynse vrouens. Delila leer die geheim van Simson se krag en verruil hierdie kennis vir geld.  Simson se krag was nie in sy hare geleë nie, maar in sy verhouding met God. Toe sy hare afgesny word, was dit maar net ‘n uitwendige teken van dit wat hy reeds innerlik verloor het.

 Simson kon nie sy volle potensiaal verwesenlik nie – hy kon nie die gawes wat God aan hom gegee het, gebruik nie. Is dit nie waar van baie van ons nie? God het aan ons sekere gawes gegee om te gebruik vir ‘n doel wat Hy bepaal het. Tog leef ons selde ons volle potensiaal uit. Simson het nie begin sonde doen na een enkele besluit nie. ‘n Leeftyd van klein keuses lei tot sy ondergang. Dit geld ook vir ons. ‘n Christen word nie sommer een oggend wakker en besluit hy gaan nou sy vrou los nie. Dit begin met ‘n oënskynlik onskuldige flirtasie ens.

 Voordat jy ‘n oënskynlik skadelose besluit neem, stop en evalueer die koste. ‘n Groot aantal klein keuses gedoen volgens God se wil lei almal saam tot ‘n vrugbare lewe.