Landmyne

. -Herman Melville, skrywer en digter (1819-1891)

Landmyne

Landmyne is een van die dodelikste wapens tydens ‘n oorlog. Hoeveel soldate is nie al dood of vermink toe hulle onwetend op ‘n landmyn getrap het nie. Dieselfde geld vir die geestelike terrein. Dodelike landmyne lê verspreid op die pad van elke Christen. Hulle rig groot skade aan as Christene, wat niks vermoed nie, een van hulle aftrap.

 

Hierdie het nie sommer oornag gebeur nie – dit was ‘n stadige proses van verkeerde keuses wat God se opdragte verontagsaam het. Ons glo dikwels dat een klein treetjie weg van God nie ‘n probleem is nie – ons kan mos maklik weer omdraai. Satan wag vir daardie een treetjie. Nou het hy ‘n vastrapplek en hy sal sy aanslag verdubbel. Nou raak elke tree weg van God net makliker. Binnekort probeer jy jouself oortuig dat wat jy doen nie werklik sonde is nie.

Kompromieë is gevaarlik al besef jy dit nie altyd nie. Dit verbreek jou verhouding met God. Omdat jy die Heilige Gees geïgnoreer het, word jou vermoë om versoeking te weerstaan ondermyn. Ongelowiges sien gou valsheid in Christene raak – daarom aanvaar hulle nie meer jou getuienis nie.