Laster teen die Heilige Gees

Laster teen die Heilige Gees

Jesus sê dat laster teen die Heilige Gees ‘n sonde is wat nie vergewe kan word nie (Lukas 12:10; Matteus 12;32 en Markus 3:29). Jesus sê nie duidelik vir ons wat laster teen die Heilige Gees is nie. Baie mense glo dat hulle skuldig is en dus vergifnis verbeur het. Hulle verwys gewoonlik na ’n kombinasie van die verwerping van die Gees se aansporing, om iets van die Gees te sê wat nie respekvol is nie, of om een of ander afskuwelike sonde te doen.

 

Die algemene pastorale raad is dat as jy bekommer is dat jy die Gees belaster, het jy dit waarskynlik nie gedoen het nie Die idee van laster teen die Gees sluit in die afwesigheid van enige begeerte om met Jesus versoen te word. Dit is God wat in ons die begeerte plaas om na Hom te kom Hy sal niemand wat na Hom kom verwerp nie Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie (Johannes 6:37).

 

Ed Welch definieer laster teen die Gees so: Blasphemy against the Spirit is any hardened and consistent stance against God. Ons almal het tye waartydens ons God ontken Daar kom egter ‘’n punt waar dit ‘n volgehoue uittarting van God is en hy/sy weier om na die Gees te luister. Dan sê God: ‘Jy wil dit op jou eie doen. Jy wil my uit jou lewe hê.” Anders gestel: ‘die enigste sonde wat nie vergewe kan word nie, is om te weier dat God jou verskoon.”

 

As ons twyfel of verward is, sê die Bybel nooit dat ons die boosheid van harte moet analiseer of om oor God se beskikking te spekuleer nie. Die Bybel sê eenvoudig dat ons ons moet bekeer. As jy God se stem hoor, moet jy dit vandag gehoorsaam Geen persoon in die Bybel is verwerp as hy hom bekeer het nie – hy is vergewe. Die keuse is ons s’n – maak nie saak wat jou verlede is nie Jy het die geleentheid en verpligting om jou te bekeer – nou. As jy daardie stem gehoorsaam sal God jou verlos. Daar is ‘’n ou lied:  “He breaks the power of canceled sin; he sets the prisoner free. His blood can make the foulest clean, his blood availed for me.”