Leef uit jou Doop: 5.8 Onderdompeling en besprinkeling

Leef uit jou Doop: 5.8 Onderdompeling en besprinkeling – Adrio König

5.8 Onderdompeling en besprinkeling

Daar is heelwat misverstande in die doopdiskussie.

♦  Die een was dat dit ’n keuse is tussen grootdoop en kinderdoop, ’n ernstige misverstand wat die hele diskussie skeefgetrek het omdat alle kerke natuurlik die grootdoop aanvaar, en die vraag net is of die kinderdoop ook ’n aanvaarbare vorm van doop is.

♦  Die tweede misverstand is dat dit ’n keuse is tussen onderdompeling en besprinkeling.

Natuurlik kan daar geen sprake daarvan wees nie. Die klassieke Gereformeerde doopformulier noem die twee saam, trouens onderdompeling word selfs vóór besprinkeling genoem. Een van die redes vir die misverstand is waarskynlik dat die meeste kerke wat kinders doop ook besprinkel, terwyl die verwerpers van die kinderdoop konsekwent onderdompel, en besprinkeling verwerp.

Kom ons kyk een-een na die twee doopmetodes. Maar eers net die opmerking dat daar nie in die Bybel besondere aandag gegee word aan die doop-metode nie, wel uitvoerig aan die doop-betekenis (hoofstuk 2).

Onderdompeling

Die verwerpers van die besprinkeling het veral drie argumente waarmee hulle mense wil oortuig dat net onderdompeling regtig doop is. Ons het reeds in 4.6 breedvoerig hierna gekyk. Kom ons som dit net weer kortliks op.

tog nie baie water nodig vir besprinkeling nie. Verder word die doop ’n “bad” genoem, en ’n mens kan tog nie in ’n paar druppels water bad nie (die Grieks van Ef 5:26; Tit 3:5). Telkens lees ons van die doop as ’n “afwassing” (Hand 22:16; 1 Kor 6:11). Dit alles sou dan op geen manier met besprinkeling in verband gebring kon word nie.

gaan dit oor die Griekse woord vir doop. Volgens hulle beteken hierdie woord eintlik “onderdompel” sodat ’n mens kon verwag dat oral waar daar in die Bybel “doop” staan, dit eintlik “onderdompeling” moes gewees het.

Kom ons kyk nou van ’n ander kant af na hierdie argumente. Maar vooraf net weer: Ons gaan nie nou ’n argument téén onderdompeling voer nie. Die Gereformeerde doopformulier erken onderdompeling al by die 500 jaar lank. Die vraag gaan maar net wees of dit regtig die enigste metode is hoe daar gedoop behoort te word, en verder of die Nuwe Testament regtig enige besondere waarde aan die doop-metode heg.

Is daar onderdompel in die Nuwe Testament?

Die verwysing na die Etiopiër se doop is ’n misverstand. Beide gaan in die water in en beide kom uit. Filippus is tog nie ook gedoop nie. Hierdie woorde sê nie hoe die man gedoop is nie, maar net dat albei in die water ingegaan het en die doop toe plaasgevind het. Maar waarom dan in die water ingaan? Vir besprinkeling het ’n mens tog net ’n handvol water nodig. Dis ook ’n misverstand. Daar is inderdaad predikante wat net met ’n paar druppels water doop, maar dit was nie die gebruik in Bybeltye nie. Daar is met baie water gedoop. Daar word immers gepraat van die doop as ’n “bad” en ’n “wassing”, en dat Johannes gedoop het waar daar baie water was. Daarom gaan beide in die water in.

baie of min water nie, dis hoe die water gebruik word. En dis goed moontlik dat die baie water juis nie vir onderdompeling gebruik is nie, maar vir besprinkeling. Immers “bad” en “was” geskied nie deur onderdompeling nie. As ’n mens bad of was, gaan jy nie onder die water in nie, jy spoel/sprinkel die water oor jou.

Daar is nie regtig een voorbeeld in die Bybel waar dit seker is dat daar deur onderdompeling gedoop is nie. En dit blyk nou ook waarom. Die woorde wat in die Nuwe Testament vir die doop gebruik word (bad, was), pas nie regtig by onderdompeling nie, maar wel baie goed by besprinkeling. Niemand was of bad deur onder die water te verdwyn nie.

Die betekenis van die woord vir doop

Die Griekse woorde vir doop word dikwels in die Nuwe Testament gebruik. ’n Mens kan dus net na die gebruik gaan kyk om te bepaal of dit regtig “onderdompel” beteken.

♦  Jesus verwys na sy komende kruisiging met die woord “doop” (Mark 10:38). Maar sy kruisiging kon moeilik ’n onderdompeling gewees het.

♦  Hy verwys na die koms van die Gees met die woord “doop”: “Maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word” (Hand 1:5). Wanneer die Gees dan kom, word hulle nie in die Gees onderdompel nie, maar sien hulle iets soos vuur wat op elkeen vanhulle kom (Hand 2:3).

♦  Paulus verwys na die deurtog deur die see tydens die uittog as ’n “doop”, maar die Israeliete was nie onder die water nie (1 Kor 10:2).

Daar is talle ander voorbeelde waar “doop” gebruik word sonder dat dit “onderdompel” kan beteken. Sommige kritici besef dit, maar dan word die argument verander, en lui: Elke keer wanneer die woord “doop” vir die waterdoop gebruik word, beteken dit onderdompeling. But isn’t that begging the question?

Die betekenis van die doop

dit voorstel?

In ’n gat In ’n grot

Moderne begrafnis Christus se begrafnis en opstanding

Maar hier is meer. Waarom word Jesus se begrafnis en opstanding uitgesonder uit ’n veel langer lys? Immers deur die doop

♦   is ons saam met Christus gekruisig.

♦   het ons saam met Christus gesterwe.

♦   is ons saam met Hom begrawe.

♦   is ons saam met Hom opgewek.

♦   is ons saam met Hom in die hemel opgeneem.

♦   Waarom nou uit hierdie lys van betekenisse net twee uithaal: sy begrafnis en opstanding? Dan moet ons mos ’n doopmetode kry wat al hierdie betekenisse voorstel. Hoe moet ons dan doop?

Maar nou die misverstand. Dit is dat dit alles deur die metode van doop voorgestel moet word. Paulus verklaar nêrens dat die metode van doop die ryk betekenis van die doop moet voorstel nie, en natuurlik sou hy nooit, want die doop het so ’n ryk betekenis dat dit onmoontlik deur een metode voorgestel kan word. Dit is dus nie korrek om te beweer dat die betekenis van die doop die onderdompeling vereis nie.

Onthou dat die doopmetode nêrens in die Nuwe Testament beklemtoon word nie. Daarom praat die Gereformeerde doopformulier van twee metodes: onderdompeling én besprinkeling. Maak jou keuse.

Besprinkeling

Net so min as wat die doop net deur onderdompeling mag geskied, kan ons vereis dat dit juis besprinkeling moet wees. Die doopmetode is nêrens regtig aan die orde in die Nuwe Testament nie.

Maar terwyl ons noukeurig na onderdompeling in die Nuwe Testament gekyk het, sal dit interessant wees om dit ook met besprinkeling te doen. Anders as met onderdompeling, is besprinkeling wel in verband met die doop ter sprake. Ons lees twee keer van besprinkeling wat beswaarlik na iets anders as die doop kan verwys. Volgens Hebreërs 10:22 is ons harte deur besprinkeling gereinig van ’n skuldige gewete (kyk 1953-vertaling – al vertaal 1983 en NLV nie so nie), en vervolg direk daarna dat ons liggame gewas is met skoon water. Dit kan beswaarlik om iets anders as die doop gaan. En die argument dat die tweede deel juis na onderdompeling verwys (“gewas”), kan mos juis nie werk nie. ’n Mens was jou nie deur onder die water in te gaan nie, maar deur water oor jou te sprinkel/spoel/gooi. Hier is dus sprake van “was” deur besprinkeling.

doop aanvanklik juis met sondevergifnis en reiniging van sonde verbind is, en dat juis dit terugverwys het na die Groot Versoendag toe die hele volk besprinkel is met die bloed van ’n bul (Lev 16). Dis bekend dat besprinkeling in die Ou Testament met reiniging en vergifnis verband gehou het, en die eerste bekeerlinge was Jode wat uit die Ou Testament geleef het. Esegiël verwys selfs na ’n toekomstige reiniging en vernuwing  deur besprinkeling(“water oor hulle uitgooi” – 36:25).

Testament as onderdompeling (waarvan daar geen sprake in die Ou Testament is nie), maar andersyds word geen metode ooit beklemtoon nie. Daarom moet ons mekaar vrylaat om te kies hoe ons gedoop wil word, of hoe ons ons kinders wil laat doop: die besprinkeling of deur onderdompeling.

 

Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

Skrywer: Prof Adrio König