Leef uit jou doop: 6.1 Die lewe as ’n doopviering

6.1 Die lewe as ’n doopviering

Dit is nie ’n ou gebruik in ons kringe om jou doop doelbewus te vier nie. Trouens veral in die Gereformeerde tradisie is die doop eintlik verwaarloos. Een van die redes mag wees dat omtrent net babas gedoop is. Dit het die doop eintlik weggeneem uit die lewe van volwassenes, en die groot saak wat ter sprake was, was die regte opvoeding van die kinders, “om hulle vir die Here groot te maak”. Natuurlik het dit sy eie onvervangbare waarde, maar dit het nie regtig die volwassenes aangespreek oor hulle eie doop en hulle eie lewe nie.

In die Nuwe Testament was dit heeltemal anders. Dáár het veral Paulus die gemeente direk en ernstig aangespreek as hy oor die doop geskryf het. Hy het die wonderlike ryk betekenis van die doop in besonderhede uitgespel. Dink maar net aan Romeine 6 en Kolossense 2-3. En daar is talle kort verwysings na die doop wat ook die lewe van gelowiges direk aanspreek, soos 1 Korintiërs 6:9-11; Galasiërs 3:26-29; Titus 3:4-6.

Paulus spreek eintlik sy verbasing uit dat die gemeente nie besef hulle is deur hulle doop dood vir die sonde nie (Rom 6:1-3). In ons tyd sal die meeste Christene dalk hulle verbasing uitspreek dat iemand kan beweer hy/sy is vir die sonde dood, en dit boonop nog met die doop in verband bring. Ek het dit soms uitgetoets in ’n gemeente: “Wie van julle is vir die sonde dood”, en dan omtrent geen reaksie gekry nie. Dit is eenvoudig nie die terme waarin mense aan hulle doop dink nie, indien hulle ooit werklik aan hulle doop dink!

Maar vir Paulus lê dit in die hart van die evangelie. Hy roep die gemeente op om dit die uitgangspunt van hul lewe te maak. Nee, eintlik beveel hy hulle dat dit die uitgangspunt van hulle lewe moet wees! (Rom 6:11) In Romeine 6 verduidelik hy in besonderhede die een aspek van die betekenis van die doop: Ons is verenig met Christus.

Dit beteken:

♦  Ons neem aan sy hele lewe deel.

♦  Ons is dood vir die sonde omdat Hy vir die sonde gesterf het.

♦  Ons lewe net vir God omdat ons verenig is met sy opstandingslewe wat Hy net aan God wy.

Twee dinge is nog belangrik. Paulus sien dit as die uitgangspunt van ons hele lewe. Eintlik gee hy dit as ’n opdrag: Ons moet só oor ons lewe dink (6:11). En daarna vloei sy vermanings oor ons lewe dan soos ’n stroom daaruit voort: Ons moet end kry met ons diens aan die sonde, ons moet ons lewe volkome aan God wy deur elke deel van ons lewe in sy diens te stel (6:12-14).

Wat kan dit alles anders beteken as dat ons ons hele lewe in terme van ons doop moet leef, dat ons doop die uitgangspunt van ons lewe moet wees? Natuurlik beteken dit in werklikheid dat God se reddende genade die uitgangspunt van ons lewe moet wees, dat Jesus se kruis en opstanding die uitgangspunt van ons lewe moet wees, want dit is waaroor dit in die doop gaan.

julle weer nodig dat iemand julle in die grondwaarhede van die woord van God moet onderrig” (5:12).

Omdat julle gedoop is en deur die doop met Christus verenig is sodat julle klaar is met julle ou lewe en aan Christus se lewe deelneem:

is julle nie meer gebonde aan die feesgeleenthede van die Ou Testament nie (2:16-19).

moet julle nie wetties allerhande reëls probeer hou nie (2:20-23).

julle deur die doop met Christus verenig is, moet julle julle gedagtes op Hom rig. Hy is immers julle lewe (3:1-4).

moet julle breek met die aardse dinge, die sonde (2:5-8).

julle lewe nou die lewe van die nuwe mens waar Christus alles en in almal is (2:9-11 – die “want” is on gelukkig soms weggelaat).

moet julle ’n lewe lei van ’n bepaalde kwaliteit en styl (3:12-4:1).

Ons totale lewe moet gebou word op ons doop, omdat ons doop God se werk in ons lewe is, ons vereniging met Christus.

 

 

Mens wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike doop. Leef uit jou Doop (2011) deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn betrokke en uitdagende verduideliking bied van die doop.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en CUM vir hierdie vergunning.

 

 

 

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

 

Skrywer: Prof Adrio König