Leer om te luister

am more offended by Christian pastors who twist and mangle God’s Word than I am by Hollywood doing the same thing. Both are wrong but Christian pastors should know better. – Chris Rosebrough

 

Leer om te luister

Om te hoor is maklik – geen inisiatief en energie is nodig nie. Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17). Ten spyte hiervan is luister vir baie mense ‘n probleem. Volgehoue, aktiewe luister is ‘n geloofsdaad.

 

Die sleutelvers oor luister vir die gelowige kry ons in Jakobus 1:19: Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Om goed te kan luister gebeur nie oornag nie – dit vereis dissipline en ‘n doelbewuste poging. Maar ons kan ons luistervermoë verbeter. Hier is ‘n paar riglyne om ons te help.

 

 

  • Goeie luistervermoë vereis geduld

Bonhoeffer sê dat wat ons moet vermy is om met ‘n halwe oor te luister, want ons aanvaar ons weet wat die ander persoon gaan sê. Eintlik wag ons net vir ‘n kans om te praat.  “Unfortunately, many of us are too preoccupied with ourselves when we listen. Instead of concentrating on what is being said, we are busy either deciding what to say in response or mentally rejecting the other person’s point of view.” (Dunn) Goeie luistervermoë vereis konsentrasie. Ons luister na die ander persoon tot hy klaar gepraat het. Geen selfoon nie; geen onderbrekings nie; luister aandagtig en geduldig.

 

  • Goeie luistervermoë is ‘n liefdesdaad

Om met ‘n halwe oor te luister wys dat ek nie die ander persoon respekteer nie – ek wil eintlik net van hom ontslae raak. Swak luistervermoë verwerp; goeie luistervermoë trek nader. “Just as love to God begins with listening to his Word, so the beginning of love for the brethren is learning to listen to them.” (Bonhoeffer) Om goed te luister is ‘n teken van ‘n nederige hart – dit plaas ander voor jouself.

 

  • Goeie luisteraars vra goeie vrae

Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande (Preuke 18:13). Goeie luisteraars vra indringende vrae – hulle probeer onder die oppervlak inkom. Dit kyk na nie-verbale kommunikasie.

 

  • Goeie luistervermoë is ‘n bediening

Luister is dikwels ‘n groter diens as praat. Party dae bestaan ons bediening uit luister na iemand wat seergekry het – maak oogkontak en hoor hulle pyn. Luister ontlont dikwels die emosie wat deel van die probleem is. Soms is dit al wat nodig is om die probleem op te los.

 

  • Goeie luistervermoë berei ons voor om goed te praat

Goeie luistervermoë stel ons in staat om genadewoorde te uiter.  “We should listen with the ears of God that we may speak the Word of God.” (Bonhoeffer) Luister sonder om te oordeel; moenie menings en antwoorde formuleer tot alles op die tafel is nie.

 

  • Goeie luistervermoë weerspieël ons verhouding met God

He who can no longer listen to his brother will soon be no longer listening to God either; he will be doing nothing but prattle in the presence of God too. This is the beginning of the death of the spiritual life . . . . Anyone who thinks that his time is too valuable to spend keeping quiet will eventually have no time for God and his brother, but only for himself and for his own follies (Bonhoeffer) God gebruik ons luistervermoë om ander te seën.

 

Om te luister is moeilik, maar beslis die moeite werd.