Lyding: Ek verstaan dit nie

Peter Kreeft

Lyding: Ek verstaan dit nie

God laat toe dat sommige mense ly terwyl ander lyding gespaar word. Hoekom gebeur dit? Iemand wat hieroor nagedink het, was die Prediker:

 

die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie. Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie (8:16 – 17).

Mense wat sê dat hulle die diep probleme van die lewe verstaan, dat hulle al die antwoorde het, mislei hulleself. Daar is sekere dinge wat ons as mense net nie verstaan nie. Die Prediker is eerlik en realisties – hy erken dat hy nie verstaan nie.

Dat ek nie verstaan nie, gee aanleiding tot verskillende innerlike reaksies by die mens:

  1. Ek word kwaad of ontsteld. Al die aaklige en onverklaarbare dinge wat gebeur ontstel my en maak my kwaad.Hoe moet ek op die lyding wat op ongekende skaal in die wêreld plaasvind, reageer?
  2. Ek is moreel verward. Van die dinge wat in die Bybel beskryf word, verwar my. Al die geweld en oorloë. Hoekom moes die Kanaäniete uitgewis word toe Israel die land in besit geneem het? Geweld. Wreedheid.
  3. Ek kan net my kop skud en sê: Dit verstaan ek nie. Hoekom sê en doen God dinge waaroor daar vandag so baie misverstande is? Hoekom fantaseer ons so oor die wegraping? Hoekom is ons so behep met tydtafels vir die eindtyd?
  4. Ek is dankbaar. Ek verstaan nie ten diepste hoe die kruis aan my behoeftes voldoen het nie, maar ek is dankbaar vir die kruis.
  5. Ek is vol hoop. In beide die Ou en Nuwe Testamente sien ek met afwagting uit na God se nuwe skepping – al kan ek dit nie in besonderhede verduidelik nie.

Soos ek stoei met die Bybel word dit duidelik dat daar sekere antwoorde is wat verkeerd of misleidend of onvoldoende is. Sommige antwoorde op hierdie moeilike probleme help nie veel nie. Wat ons moet probeer doen, is om seker te wees van daardie dinge wat ons kan (of behoort te) weet (God het dit vir ons duidelik in die Bybel gemaak). Hiervoor moet ek nederig dankbaar wees. Ek moet ook eerlik wees oor die dinge wat ek nie verstaan nie – sonder dat dit my geloof in die dinge wat ek weet, bedreig.

Volgende keer gaan ons na bekende mense in die Bybel kyk wat ook vrae gevra het.