Lyding en heiligmaking

 

Of summer and [the church attendance slump] my aunt always used to say, “It’s just nice to have a break sometimes.” To which my mother would respond, “Aren’t you glad God doesn’t feel the same way about you?” – Eric Vanden Eykel

 

Lyding en heiligmaking

Daar is min dinge wat Christene meer verwar as lyding.  Ons hoor dikwels die vraag: “Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?” Lyding vir ‘n gelowige is nooit sonder ‘n doel nie. Die probleem is dat baie van ons nog nooit die Bybelse perspektief van lyding geleer het nie.

 

Daar is storie na storie oor lyding in die Bybel, maar selde weet ons hoekom die mense gely het. Oor hierdie onderwerp skryf Paulus:

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:3 – 5).

Om ons in swaarkry te verheug, moet ons ons aandag op die kennis van wat die Gees is ons produseer deur lyding, fokus.

  1. Lyding kweek volharding

Volharding in die Bybel beteken vashou aan ‘n spesifieke optrede ten spyte van probleme. Soos ons deur beproewing gaan, ontwikkel ons meer volharding om nuwe en groter uitdagings die hoof te bied.

Julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets weerstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming (Jakobus 1:2 – 4).

 

  1. Volharding kweek karakter

Soos God volharding en die vermoë om swaarkry te verwerk in ons kweek, bring Hy ons karakter na vore. Karakter is die beeld van Christus wat in ons teenwoordig is wat duideliker in ons word. Midde in die lyding gee God genade aan ons om dit te verduur. Dit bring die onsuiwerhede in ons lewens na vore en verwyder dit. Petrus verwys na hierdie konsep:

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof  getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus (1 Petrus 1:6 – 7).

 

  1. Karakter kweek hoop

Karakter kweek hoop in lyding. Hoop is die vreugdevolle verwagting van wat God belowe het.

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romeine 15:13).

 

As dissipels van Jesus moet ons moeilike tye gebruik om te word dit wat ons in Christus is. Totdat die aardse vaas gebreek is, is die skatte daarin onsigbaar. Soos ons gebrokenheid gesien word, word Jesus gesien. Soos ons swaarkry ondervind, sal elke toets van die lewende God ons verander in suiwer goud tot sy heerlikheid.