Moet ek dit doen of nie?

Moet ek dit doen of nie?

Jy het jou gewone aktiwiteite en nuwe versoeke. As jy ‘n verantwoordelike en goeie leier is, sal daar nog meer van jou gevra word. As mense sien hulle kan op jou staatmaak om die taak gedoen te kry, vra hulle meer en meer vir jou om te help. As jy “ja’ vir al hierdie versoeke sê mag jy ander mense gelukkig maak. Jy sal egter mettertyd uitvind dat jy nie die tyd en energie het om daardie dinge wat werklik saakmaak, te doen nie.

 

Hoe hanteer jy al hierdie versoeke?

1.     Wie maak die versoek?

Het hierdie persoon die wetlike mag om ‘n versoek aan jou te rig? As dit nie iemand is aan wie jy verantwoordlik is nie, kan jy eenvoudig net weier om hulle te help.

 

2.     Besef dat jy nie “ja” kan sê vir elke versoek nie.

Net omdat jy vir iemand werk of aan hom rapporteer, bteken nie dat hulle altyd redelik sal wees in wat hulle van jou verwag nie. Soms moet jy “nee” sê en verduidelik hoekom jy so sê. Die alternatief is om al die projekte waarmee jy besig is op die tafel te lê en te vra of jy maar een van hulle kan los. nie.

 

3.     Vra vir tyd om te dink

Dit is belangrik, want dit verhoed dat jy oorhaastig inwillig en later spyt is daaroor.

 

4.     Moenie probeer om alles te doen nie

Dikwels is ons besig om baie verskillende dinge te doen, maar ons doen alles oppervlakkig. Dit is beter om op daardie areas waar jy beslis ‘n impak kan maak, te konsentreer.

 

5.       Bel ‘n vriend

Soms kry jy ‘n beter perspektief as jy ‘n vriend vir wie jy vertou, bel.  Selfs net om die versoek te verbaliseer, kan dit soms vir ons duidelik maak wat om te doen.

 

6.     Weeg die voor- en nadele van “ja’ en “nee” sê.

Hierdie koste is koste ten opsigte van verhoudings, tyd, energie en finansies om te doen wat jy gevra is om te don. Om te besluit sonder om die koste te bepaal, kan later tot spyt lei.

 

7.     Verstaan dat om “nee” te sê jou in staat kan stel om “ja” te sê vir iets groter En belangriker

Elkeen van ons moet ‘n doel in die lewe hê. Hierdie doel dien as filter en help ons om ons prioriteite te bepaal sê “ja” vir die dinge wat werklike saakmaak.

 

8.     Gaan vorentoe; tyd is beperk

Ons het net ‘n beperkte tyd wat nie gedefinieer is nie. As ons besluite in die raamwerk van ‘n beperkte tyd plaas, help dit ons om ons pioriteite te bepaal.

 

Dit is belangril om soms “nee” te sê. Ons leef nie iemand anders se agenda nie – ons moet tyd hê om ons eie agenda te vervul.

.

 The best time to plant a tree is twenty years ago or today.”