My produktiefste gewoontes

My produktiefste gewoontes

 

  1. Prioritiseer jou teksboodskappe.

Gee jouself die toestemming om teksboodskappe  onmiddellik of eers later te antwoord. Dit skep realistiese gesonde grense met mense in jou lewe en bediening. Moet nooit ‘’n persoonlike gesprek onderbreek om ‘’n teksboodskap te antwoord nie.

 

  1. Bestuur jou lys.

Die sleutel om jou beloftes na te kom, is deur hulle neer te skryf. Anders gaan jy beslis party vergeet. As iemand jou vra om vir iemand te bid, skryf die boodskap voor hulle neer op jou selfoon

 

  1. ‘’n Leë e-pos inmandjie

Moenie onmiddellik op elke e-pos antwoord nie, want dan gaan jy sukkel om gefokus te bly. Hou die plek vir inkomende e-posse leeg lees e-pos een maal voor jy reageer, aanstuur of uitvee. ‘’n Vol lys e-posse voel soos ‘’n bord vol onafgehandelde take.

 

  1. ’n Skedule vir sosiale media

Om gratis kommunikasie te gebruik is nie verkeerd nie. Dit kan produktief wees. Maar moenie dat dit jou dag oorneem nie.

 

  1. Bepaal grondreëls vir vergaderings

Moenie vergaderings bywoon wat nie ‘’n agenda of tydsbeperking het nie. Daar is vergaderings wat jy moet bywoon, maar nie noodwendig die hele vergadering nie. As daar geen tydsbeperking is nie, sê vir die voorsitter dat jy na 60 of 90 minute moet gaan.

 

  1. Beskerm jou studietyd

Beplan vooruit en maak jou deur toe as jy studeer.

 

  1. Sorg dat jy genoeg rus

Daar is ‘’n groot verskil tussen besig wees en produktief wees. Korter naweke sal jou nie help om vooruit te gaan nie. God het ‘’n ritme vir werk en rus daargestel. Ons werk beter as ons uiutgerus i.