My selfbeeld

“Just to feel joy is simplicity itself. That is what the children of this world do all the time. But to rejoice in God is impossible until we experience the love he has for us, and until we know that he will not desert us but will lead us on to the end.” – Johannes Calvyn

 

My selfbeeld

Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het (Romeine 12:3).

Wat ons wêreld dikwels ‘n lae selfbeeld noem, sal Paulus waarskynlik sien as ‘n ander manier om te veel van jouself te dink.

 

Heilige en onheilige maniere om baie van jouself te dink

As jy ‘n gelowige is, is jy ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig (1 Petrus 2:9). In Christus is ons nuwe mense en God wil hê dat dit deel van ons selfbeeld moet wees.

 

Maar daar is ook ‘n onheilige, trotse manier om baie van jou te dink. Moet niks uit selfsug en eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoë ag as homself (Filippense 2:3). Dit moenie deel van my selfbeeld as Christen wees nie. Dit lei tot twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid (2 Korintiërs 12:20).

 

Heilige en onheilige maniere om min van jouself te dink

As jy jouself sien as dat jy die voorste sondaar was en wat jy nou is, is net as gevolg van die genade van God en as jy kyk vir die agterste sitplek by die banket, want jy beskou ander as belangriker as jouself en as die uitroep van jou hart is Hy moet meer word en ek minder (Johannes 3:300) is dit heilig.

 

As jy egter ly aan ‘n chroniese gevoel van mislukking, onderprestasie en skaamte oor jy by ander afsteek; as jy voel jy is nie mooi of slim of suksevol of ryk genoeg nie, is dit onheilig. Hoe kan ons dit beveg? Almal van ons word aan versoekings blootgestel. Paulus herinner ons dat ons almal verskil – ons het verskillende funksies en gawes (Romeine 12:4 – 5). Ons is bedoel om te verskil, want ons is vir verskillende funksies gemaak. Dit verhoed dat ons jaloers word en bevorder ‘n sin van rentmeesterskap.

 

Hierdie verskille tussen mense is so deur God bepaal. Ons moet ophou om onsself met ander te vergelyk. Wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5).