My verhouding met nie-Christene

(John Stott).

My verhouding met nie-Christene

In Romeine 12:14 – 21 gee Paulus duidelike riglyne vir ons verhouding met nie-Christene. In hierdie gevalle mag daar konflik en vervolging ter sprake wees. Hy noem vier negatiewe opdragte gevolg deur vier positiewe opdragte.

 Moenie jou vervolgers vervloek nie, maar seën hulle.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, maar wees goedgesind teenoor alle mense – ook diegene wat teen jou is. As dit enigsins moontlik is, moet jy in vrede met alle mense leef.

Ons moenie self wraak neem nie – ons moet dit aan God oorlaat.

Ons moenie toelaat dat die kwaad ons oorwin nie, maar ons moet die kwaad met die goeie oorwin.

Liefde vir die vyand is sekerlik een van die moeilikste opdragte in die Bybel. Jesus self het hierdie opdrag aan ons in sy bergrede gegee: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg (Matteus 5:44).